Opregte Diens
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Die rustige Woodbury Lodge is op ’n krans in die Bosman’s Vallei, in die malaria vrye Amakhala Wildreservaat, geleë.

Hoogtepunte

Ongelooflike uitsigte en sonsondergange vanaf die krans se uitsigpunt
Suites is afgesonder en gemaklik
Kinders van alle ouderdomme is welkom en kinderoppassers is beskikbaar
Perdry safari’s – ’n geleentheid om nader aan die wild te kom
Kulturele- en historiese ekskursies beskikbaar
Opregte diens en vriendelike personeel

Jou Ervaring

Woodbury Lodge is hoog op ’n krans geleë en kyk oor die Bosman’s Rivier, binne die Amakhala Wildreservaat, uit. Die panoramiese ligging bied jou oneindigende uitsigte oor die omliggende omgewing. Daar is ’n staproete op die koppie wat jou die geleentheid gee om die uitsig van selfs ’n hoër punt te geniet. Kyk in verwondering na die natuur en die ongelooflike sonsondergange. Spandeer jou dae by Woodbury Lodge deur die Amakhala Wildreservaat te ontdek op ’n twee daaglikse wildbesigtigingsrit.

Jy kan selfs ’n perdry safari in die nie-groot wild area van die reservaat onderneem, of ’n rustige bootrit op die Bosman’s Rivier geniet – die ideale voëlkyk geleentheid. Tussen die aktiwiteite wag ’n feesmaal met elke maaltyd op jou. In die oggend kan jy ’n fees van vars vrugte, pap en sap geniet, voor jy ’n gekookte ontbyt opskep. In die middae word smaakvolle slaaie en ligte gebakte goedere bedien.

Laat in die middag, wanneer die son begin sak, kan jy jou gunstelig drankie met ’n paar peuselhappies geniet. Wanneer dit eers donker is, en die aand bietjie koel begin word, kan jy ’n warm sjokolade met bietjie Amarula voor die oop vuur geniet. Bederf jou soet tand met die heerlike nagereg wat na die vullende aandete bedien word.

Die hoof lodge is die middelpunt van die aktiwiteite by Woodbury Lodge. Hier kan jy eet, ontspan en jou ontdekkingstories van die dag in die Amakhala Reservaat deel. Kyk bietjie sterre, om die vuur met vriende en ander gaste en voel hoe jy heeltemal ontspan.