Opregte Bos Ervaring - Aktiwiteite
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

By Quatermain's Camp kan jy Groot Vyf - in hul natuurlike habitat – besigtinge geniet op beide die Amakhala Wildreservaat asook die wêreld-beroemde Shamwari Wilderservaat.

Wildbesigtiging

Die tweede ekskursie is slegs vir gaste wat twee aande of meer by Quatermain's Camp deurbring. Wildbesigtigingsritte neem twee keer ’n dag plaas en hou omrent 3 tot 4 ure aan. Hierdie ritte word onder die leiding van goed ingeligde en ervare gidse aangepak.

Jy hoef nie oor slegte weer te bekommer nie; reënjasse en waterbestande komberse word aan jou verskaf indien dit sou reën. Gedurende jou oggend wildbesigtigingsrit stop jy in die natuur vir ’n koppie vars koffie en skemerkelkies wag op jou op die middag wildbesigtigingsrit.

Daar is ook die opsie om op ’n begeleide bos wandeling uit te gaan. Hierdie uitstappie sal jou in nabye aanraking aan die verskeie diere, voëls en plante van die area bring.

Bos Etes

By Quatermain's Camp is maaltye ’n ervaring wat nie gemis moet word nie. Plaaslike disse word voor jou op ’n oop vuur voorberei en aandete word onder die Afrika hemelruim geniet. Spesiale dieëtvoorkeure kan bedien word, indien dit vooraf gereël was.