Opregte Bos Ervaring
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Quatermain's Camp is ’n eksklusiewe 1920’s-styl safari kamp in die hartjie van die Amakhala Wildreservaat.

Hoogetpunte

Klein en intiem
Outentieke 1920’s styl tentkamp
Persoonlike diens met heerlike kos voorberei op ’n oop vuur
Wildbesigtigingsritte in beide Amakhala en Shamwari Wildreservaat
Volop voëlkyk geleenthede op die begeleide bos wandelinge

Jou Ervaring

Geleë in die malaria-vrye Amakhala Wildreservaat in die Oos-Kaap, Quatermain's Camp is ’n eg outentieke safari tentkamp. Die reservaat is die tuiste van die Groot Vyf, asook ’n verskeidenheid ander soogdiere, insekte en voël spesies.

Jou verblyf by hierdie vintage safari kamp in die Amakhala Wildreservaat neem jou terug na die 1900’s. Die enigste uitsondering is die badkamers wat met moderne geriewe gebou is.

Die akkommodasie by Quatermain's Camp is privaat, het ’n rustieke atmosfeer en bestaan uit slegs 3 tente. Hier sal jy ingetrek word in die lodge se karaktervolle dekor van ’n vervloë era, die toegeweide kliëntediens en die asemrowende wildbesigtinge.

Die vriendelike, goed opgeleide personeel doen hul bes om te verseker dat jy tuis voel. Quatermain’s Camp bied jou 'n opregte bos ervaring; ’n salige wegbreek wat jou ontspanne en verfris huistoe sal laat gaan.