Opregte Bos Ervaring - Jou Verblyf
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Quartermain's Camp bestaan uit wit safari tente wat die 1900’s styl tente naboots.

Jou Kamer

Elke tent se dekor is outentiek en herhinner aan die era van die jagter, die pionier en die ontdekker van die 1900’s. Mooi, rustieke en en-suite badkamers komplimenteer die karaktervolle tente.

Elke tent is diep binne die bos geleë en beloof privaatheid. Die tente spog met ’n privaat stoep waar jy kan sit en ontspan en die skoonheid van die omgewing inneem.

Fasiliteite

Wanneer jy nie buite in die Afrika bosveld op ’n wildbesigtigingsrit uit is nie, kan jy by hierdie vintage safari kamp in die Amakhala Wildreservaat in die privaatheid van jou eie tent ontspan of ’n yskoue drankie by die kroeg geniet.

Ander fasiliteite sluit in:
Kaggel en vuurmaakplek
Eetkamer
Staptoere
Braai fasiliteite