Ontspan in die Natuur - Aktiwiteite
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Twee daaglikse wildbesigtigingsritte neem jou in die Amakhala Reservaat in, die habitat van die Groot Vyf.

Wildbesigtiging

Gidse van Carnarvon Dale Lodge doen hulle heel beste om jou van naby te wys hoe die diere eet, lewe en oorlewe. Gaste wat twee nagte of langer bly kan uitgaan op ontdekkings in die Shamwari Reservaat en sodoende hul kanse op goeie wildbesigtiging verbeter.

Amakhala Reservaat het ontstaan as ’n konservasie inisiatief om die oorspronklike wild van die area terug te bring nadat die setlaars die area as plaasgrond gebruik het. Spesifieke jagluiperd en renoster konservasie projekte is hier aan die gang, maar oor die algemeen is die hele reservaat ’n testament aan die sukses van die program.

Jy kan verwag om meer as net die Groot Vyf te sien. Hier is verskeie ander spesies bokke, soos kudu, springbok en blesbok, asook gereelde sebra en kameelperd besigtinge.

Bos Wandelinge

Ontspannende begeleide voëlkyk ekskursies en bos wandelinge kan hier aangepak word as ’n alternatief op wildbesigtigingsritte. Hier is die idee eerder om te ontspan as om die Groot Vyf na te jaag.

Neem bietjie tyd en asem die skoon lug in, ontspan in die natuur, luister na die geluide van die bos en ruik die verskillende aromas van die Suid-Afrikaanse veld. ’n Bos wandeling konsentreer op die kleiner diere en spore in die bos wat die groter wild agter los as bewys van hul besoek aan die area.

Bos Etes

Heerlike maaltye in tradisionele Suid-Afrikaanse styl verseker gaste gaan nooit honger nie!

Geniet disse soos bobotie en malva poeding, en moenie vergeet om die gashere oor die herkoms van hierdie disse nie te vra nie. Hierdie disse se geskiedenis is gekoppel aan die fasineerde geskiedenis van die Kaap en die setlaars wat daarheen getrek het.

Carnarvon Dale Lodge bied jou goeie tuisgekookte geregte. ’n Vullende ontbyt om die dag mee te begin, en 'n ligte middagete word later deur ’n wonderlike aandete gevolg wat die Suid-Afrikaanse ervaring afrond. Vegetariese en diabetiese maaltye kan met aanvraag gekook word.