Ontspan in die Natuur
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Carnarvon Dale Lodge in die Amakhala Wildreservaat is ’n rustige en karaktervolle eienaar bestuurde lodge met ’n geskiedenis wat terug datteer na die 1820’s.

Hoogtepunte

’n Gerestoreerde 1820’s plaashuis en kothuis - ideaal vir twee paartjies wat saam toer of ’n klein familie.
’n Regte Suid-Afrikaanse huislike ervaring, met traditionele gekookte maaltye en eienaars waarmee jy kan tyd spandeer en na hul uitgebreide kennis oor die area luister
Bos wandelinge bied ’n unieke natuur belewenis en die geleentheid om van die plaaslike plante en insekte te leer
Carnarvon Dale Lodge se posisie stel gaste in staat om wildbesigtigingsritte in die Amakhala Reservaat, asook Shamwari Reservaat te onderneem
​​​​​​​Ontspan in die natuur en koel af op die outydse, koloniale stoep wat oor die lodge se groen tuine uitkyk

Jou Ervaring

Die eienaars van Carnarvon Dale Lodge het ’n familie georiënteerde gastehuis geskep, waar dit voel asof jy ou vriende besoek. Tuisgemaakte kos, eenvoudige maar gemaklike antieke meubels en hartlike gasvryheid skep die atmosfeer van ’n vervloeë era.

Carnarvon Dale Lodge bied akkommodasie in ’n historiese 1820’s plaashuis en 1907 kothuis, en kombineer uitstekende wildbesigtiging met geskiedenis. Hier kan jy van jou stad stres vergeet en totaal ontspan. Deel die avontuur met jou vriende of familie by hierdie eksklusiewe familie wegbreek.

Op hierdie eksklusiewe familie wegbreek kan jy heerlik smul aan ’n ontbyt feesmaal na jou vroegoggend wildbesigtigingsrit. Daarna kan jy langs die swembad gaan uitspan en later weer ’n ligte middagete geniet voor jy weer die vlaktes aandurf op jou middag wildbesigtigingsrit.

Die laat middag wildbesigtigingsrit stop vir peuselhappies en skemerkelkies terwyl die lug kleur verander, die son sak en die nag inkruip. Lê langs die kaggel en luister na die eienaars se stories van die verlede voor jy terug gaan kamer toe na ’n heerlike drie-gang maaltyd.

By Carnarvon Dale Lodge is die dae vol avontuur en verwondering en die nagte gevul met sterre en rustige drankies.