Ontspan in die Natuur - Jou Verblyf
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Carnarvon Dale Lodge bestaan uit Bottom House – ’n settlaars huis van die 1800’s - en Top House, ’n gerestoreerde Edwardiaanse kothuis.

Jou Kamer

Die meubels is ’n voorbeeld van eenvoudige, maar gemaklike huislike ontspanning, met ’n vervloë era atmosfeer. Mooi houtvloere is ’n herhinnering aan die styl wat algemeen was in die 1800’s en nou weer gesoek word in die moderne tye. Alle slaapkamers is en-suite en privaat.

Die sitkamer is die beste plek om te ontspan, en buite op die traditionele stoep kan jy sit en oor die groen tuin en swembad uitkyk. Kinders is welkom. Carnarvon Dale Lodge bied ’n twee slaapkamer fasiliteit wat gepas is vir ’n klein familie.

Top House het ’n heerlike familie atmosfeer en is waar die traditionele Suid-Afrikaanse tuisgekookte maaltye bedien word. Sit aan vir ’n drie-gang aandete en ’n vullende ontbyt by Top House en geniet ’n ligte middagete by Bottom House.