Elegante Refleksies - Aktiwiteite
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Hlosi Game lodge is omhein om die groot diere uit te hou, maar wild soos kameelperd en sebra kan gereeld vanaf die lodge, die swembad en jou tent suite - veilige afstande - gesien word.

Wildbesigtiging

Om jou die geleentheid te gee om die bekende Groot Vyf te sien, word wildbesigtigingsritte deur die Amakhala Wildreservaat deur goed opgeleide gidse aangebied. Hier sal jy daardie egte opwindende Suid-Afrikaanse safari gevoel ervaar. Die volop wild in die reservaat verseker dat jy op elke rit ’n verskeidenheid diere sal sien.

By hierdie familie vriendelike lodge naby die Addo Park is daar ’n sterk moontlikheid dat jy nie net die Groot Vyf sal sien nie, maar ook jagluiperd. ’n Verskeidenheid bokke bly hier – omtrent 16 spesies – asook ander, meer ontwykende, diere soos hiëna en jakkalse. Meer as 260 spesies voëls is al in hierdie reservaat opgeteken! Voëlkyk is ’n groot vreugde in die Amakhala Reservaat en hoogs aanbeveel vir gaste wat van hierdie stokperdjie hou!

Bootrit Op die Boesmans Rivier

Geniet ’n rustige safari deur in die rivier af te dryf, ’n fantastiese manier om voëls te kyk en vir die meer skugtere diere, soos die bosbok, uit te kyk. Neem jou verkyker en voëlboek saam, sit terug met ’n ys koue drankie in die hand en kyk hoe die bos stadig verby jou dryf.

Ekstra Aktiwiteite

By Hlosi Game Lodge kan jy op ’n nagtelike wildbesigtigingsrit uitgaan waartydens jy met ’n flitslig vir die nagtelike diere wat op die reservaat bly, soek. Kyk uit vir die flits van die diere se ogies in die bos, perfek weggesteek totdat die lig daarop skyn.

Onderneem ’n kosmiese safari met jou veldgids wat vir jou Suidelike Afrika se konstellasies sal uitwys. Daar is ook begeleide bos wandelinge wat jy kan aanpak. Ondersoek die kleiner diere wat jy langs die pad kry, volg die spoor en mis van die wild wat jy op die besigtigingsritte sien en leer meer oor hulle leefstyl by jou veldgids.

As jy slegs wil ontspan kan jy met ’n spa behandeling gepamperlang word. Alternatiewelik kan jy ook jou visstok optel en na die rivier uitgaan.

Bos Etes

Heerlike Suid-Afrikaanse maaltye word in die hoof lodge bedien. Gedurende die dag word hoë kwaliteit ontbyt en middagetes bedien, en daar is ook ’n spyskaart vir kinders beskikbaar.

Peuselhappies en verversings sal op die wildbesigtigingsritte bedien word. Aandetes bestaan gewoonlik uit ’n drie-gang maaltyd wat in die lodge, langs die oop vuur, bedien word. Somtyds is daar ook meer informele braaie onder die sterre - ’n fantastiese manier om die konstellasies te aanskou en die geluide van die bos te geniet.

Kinders op Safari

Hlosi Game Lodge verwelkom nie net families nie, maar bied ook ’n ekstensiewe kinder safari program aan. Hierdie program word “Welpies op Safari” genoem en kinders tussen die ouderdom van 3- en 12-jaar kan aan die program deelneem. Die program word deur ’n toegeweide kinderkoördineerder gelei. Die welpies geniet kunsvlyt, handpoppe maak en gesigverf, asook opvoedkundige programme buitelug. Vir jonger kinders is daar kinderoppassers beskikbaar.

Afhangend van die getal en ouderdom kinders wat Hlosi Game lodge besoek, hardloop die program vanaf die oggend tot laat in die middag. Aktiwiteite word volgens die kinders se ouderdomme en die weersomstandighede georganiseer.

Kinders 6-jaar en ouer word outomaties by die safari aktitwiteite ingesluit. Kinders tussen 3- en 5-jaar word slegs by die diskresie van die veldgids ingesluit. Families wat egter graag saam op ’n wildbesigtigingsrit wil uitgaan, kan ’n privaat wildbesigtigingsrit bespreek.