Elegante Refleksies - Jou Verblyf
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

By Hlosi Game Lodge het jy ’n keuse tussen tent suites en luukse grasdak suites, al die suites kom met lugverkoeling en is versier in ’n ryk, elegante styl.

Jou Kamer

Hlosi Game Lodge het ’n keuse tussen tent suites en luukse grasdak suites. Al die suites is lugverkoel en is versier in ’n ryk, elegante styl.

Die luukse safari tente bestaan uit ’n ruim slaapkamer met ’n rustige ontspanningsarea. Die tent se twee kante maak op ’n besigtigingsdek oop, waar jy oneindigende uitsigte kan geniet. Elke tent suite het ’n en-suite badkamer. Die tente is opgelig op ’n hout platvorm wat ’n omvou stoep vorm.

Hlosi Game Lodge bestuur die lodge op eko-vriendelike beginsels, en het daarom energie sparende water- en kamer verhittingsfasiliteite. Sonkrag word ook in sommige van die beligting gerbuik. Die luukse familie tente bestaan uit twee slaapkamers, gekoppel deur ’n gedeelde en-suite badkamer. Verder het hierdie familie suites al die geriewe van die ander tent suites.

Die luukse Koning Suites is heerlik gemaklik en beeldskoon! Elke oop-plan suite het sy eie ontspanningsarea en privaat balkon. Die en-suite badkamer het ’n enorme bad met ’n uitsig oor die reservaat. Binne- en buite storte en ondervloer verhitting verseker dat die badkamers enige weersomstandighede pas.

Die gerieflike Familie Suite, wat op die besigtigingsdek oopmaak, het twee en-suite slaapkamers. Een met ’n koning-grootte bed, die ander met twee enkelbeddens. Die kamers is apart, maar deel ’n ontspanningsarea wat op die besigtigingsdek oopmaak. Die besigtigingsdek konnekteer die twee kamers en daar is hout platvorms wat na die hoof lodge lei.

Lodge Fasiliteite

Die ontspanningsarea, eetkamer en kroeg van die hoof lodge is versier ter herhinnering aan ’n grasieuse era wat lank reeds verby is. Twee kaggels bied gemak en hitte in die winter.

Die uitgebreide skaduwee bedekte stoep en swembad het uitsigte oor die omliggende area en dien as uitsigpunt om vlakvark, sebra en kameelperd wat deur die oop grasvlaktes loop, te sien. Die boma is aan die hoof lodge gekonnekteer met hout wandelpaadjies. Dit is waar die bos braaie gehou word en spesiale fees geleenthede onder die sterre geniet kan word.

Die genotvolle “Welpies of Safari” klubkamer is gedekoreer met geverfde mure, ’n groot tekenbord en interressante spelejies en aktiwiteite.