Elegante Refleksies
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Hlosi Game Lodge bied ’n keuse tussen luukse tente of grasdak suites vir elegante refleksies op die slopend berge van die Amakhala Wildreservaat.

Hoogtepunte

Hlosi Game Lodge is ’n klein, omheinde luukse lodge in die malaria-vrye Amakhala Reservaat, met volop wild en asemrowenede besigtiginge
Hope familie pret gewaarborg; families met kinders van alle ouderdomme is welkom en ’n kinder safari program, genaamd “Welpies op Safari”, verseker pret te alle tye
Lodge kan eklsklusief uit bespreek word vir ’n konferensie, span bou geleentheid of intieme troue
Onderneem ’n ontspannende bootrit op die Boesman’s Rivier, die ideale voëlkyk geleentheid
Nagtelike wildbesigtigingsritte, sterrekyk geleenthede, bos wandelinge, spa behandelinge en visvang aktiwiteite beskikbaar

Jou Ervaring

Hierdie familie vriendelike lodge naby die Addo Park is ’n omheinde, boutique lodge, geleë op die grasvlaktes van die Boesman’s rivier - net ’n uur se ry van Port Elizabeth af. Die Amakhala Wildreservaat, met sy uitgestrekte groenigheid, bied grasvlates volop met wild en roofdiere. Hier kan jy jou dae spandeer deur die reservaat en die groot en klein diere wat dit ‘huis’ noem, leer ken.

Hlosi Game Lodge se akkommodasie bestaan uit ’n verskeidenheid luukse tent suites en luukse grasdak suites. Sommige van die suites bestaan uit twee slaapkamers en is daarom perfek vir familie safari’s.

Tussen wildbesigtigingsritte kan jy by die swembad rond lê, op ’n privaat stoep ontspan of eenvoudig net die ongelooflike uitsigte in neem terwyl jy ’n ys koue drankie van die lodge se kroeg geniet. Bootritte op die rivier en predry safari’s is additionele aktiwiteite wat ook by hierdie familie vriendelike lodge naby die Addo Park geniet kan word onder die leiding van ervare gidse.