Wild Ginger
Wildegemmer

© Ton Rulkens

Naam

Wildegemmer

Latynse naam

Siphonochilus aethiopicus

Beskrywing

Die onderstok van die Wildegemmer ruik nie net soos gemmer nie, maar smaak ook so. Die Wildegemmer is deel van die Gemmer-familie en dra 'n klomp blare wat tydens of na blomtyd ontwikkel. Die geurige blomme, wat 60-80 mm in wydte is, is ligpienk of ligte pers van kleur en word naby die oppervlak van die grond gedra. Alhoewel die delikate blomme net een dag duur, kan die plant 25 blomme van Oktober tot November voortbring. Die onderstok van die Wildegemmer word hoofsaaklik vir medisyne teen koue en griep gebruik en is besig om stadig te verdwyn van die veld af.

Habitat

Hierdie blom kan gesien word in rotsagtige gebiede in die bosveld van Suid-Afrika, maar dit word vermoed dat dit in sommige van sy historiese gebiede uitgesterf het.

Veldnotas

Die Wildegemmer word veral gebruik in tradisionele medisyne, insluitend vir die gebruik in muti-rituele en daarom word dit intensief geoes - tot op die punt van uitwissing. Daar word vermoed dat al die Widegemmer plante van die in Kwazulu Natal streek verdwyn het. Daar is baie mense wat nou die plant kweek om sy oorlewing te verseker.
Die plant word as 'n beskerming teen weerlig en slange deur die Zoeloe-mense gebruik en die risome en wortels word vars gekou om asma, histerie, verkoue, hoes en griep te behandel. Wildegemmer word tydens swangerskap deur Swati-vroue gekou en die Swati’s gebruik dit ook as ‘n teenmiddel vir malaria.