Vlei Bristlegrass
Vleimannagras

© Roger Voysey

Naam

Vleimannagras

Latynse naam

Setaria incrassata

Beskrywing

Vleimannagras is ’n digte, meerjarige, polvormige gras met kort, dik wortelstokke. Die bloeiwyse is ’n digte, saamgestelde tros dikwels met ’n skerp punt. Die blaarskede is lank en rond. Dit word dwarsdeur tropiese Afrika en Madagaskar gevind.

Gebruike

Vleimannagras is ’n relatief smaaklike gras met ’n goeie blaar produksie.

Habitat

Vleimannagras groei gewoonlik op klam plekke soos langs vleie en rivieroewers in swart kleigrond. Dit word ook in woude en soms op klipperige hange, gewoonlik in vrugbare grond, aangetref. Dit kom in tropiese Afrika voor.

Blomme

Oktober tot Mei