Sharpe's Grysbok
Sharpes se Grysbok

© Nigel Dennis

Naam

Sharpes se Grysbok /Tropiese Grysbok [Raphicerus sharpei]

Voorkoms

Die Sharpes se Grysbok is ‘n skugter bok, en is effens kleiner as die Kaapse grysbok. Dit het ‘n klein en bonkige bou met ‘n rooibruin gekleurde pels. Skouerhoogte is hulle 500mm en hulle weeg 8kg wanneer hulle volwasse is. ‘n Vermenging van wit en rooibruin pels oor die rug asook langs die kante, gee die spesie ‘n valerige voorkoms. Slegs die mannetjies het horings wat 60-100mm in lengte is.

Dieet

Sharpes se Grysbok is van nature ‘n wei dier, wat blare, jong spruit-takkies en bossies vreet. Sharpes se Grysbok wei ook aan grassade, vrugte en blomme as dit beskikbaar is. Sommige kultivare van grassade, vrugte en blomme word ook in die nag gevreet

Voortplanting

Enkel lammers word na ‘n swangerskap periode van sewe maande gebore. As gevolg van hul geheimsinnige natuur is daar nog nie veel van die spesie waargeneem, bekend, of aangeteken nie.

Gedrag

Sharpes se Grysbok is normaalweg afgesonderd en sal gedurende die dag in die son lê en bak en in die nag wei tot vroeg in die oggend.

Waar hulle voorkom

Die Sharpes se Grysbok word in dieselfde tipe omgewing gevind as sy Kaapse eweknie, maar word gevind in die streek van Noord-Oos Mpumalanga se Lebombo Berg reeks asook verder noord. Natuurbewaring status van die Sharpes se Grysbok is onbekend, maar hulle is heel waarskynlik ‘n skaars spesie.

Veldnotas

Ramme en ooie het hul eie gebiede onafhanklik van mekaar en merk hul gebiede met hul mis hopies. Daar is waargeneem dat die Sharpes se Grysbok skuiling gebruik soos erdvark gate.