Nelson Rolihlahla Mandela deur Raymond Louw

© Eric Miller

Bestem om Hoof te Word

President Mandela is al sy hele lewe in opleiding vir die leierskapsrol wat hy vandag betree. Nelson Rolihlahla Mandela (in Xhosa beteken Rolihlahla om letterlik “'n tak van 'n boom af te breek”, maar dit is spreekwoordelik vir 'moeilikheidmaker') was op 18 Julie 1918, by Qunu, naby Umtata in die Transkei as die seun van Nonqaphi Nosekeni en Henry Mgadla Mandela, hoofraadslid van die opperhoof van Thembu, gebore.

Tydens sy vroeë kinderjare in die Transkei was hy besig om reg grootgemaak te word, sodat hy eendag die hoof kon word. Sy pa is in 1930 dood en hy het die las van sy neef, die waarnemende opperhoof van die Thembu, David Dalindyebo geword.

Hy het by die Healdtown Metodiste koshuisskool gematrikuleer en na die Fort Hare-Universiteitskollege gegaan waar hy in die studentepolitiek betrokke geraak het. Daar het hy ook vir Oliver Tambo, wat later die president van die ANC geword het, ontmoet. Albei is in 1940 geskors, omdat hulle aan studentestaking deelgeneem het.

Stigting van die ANC Jeugliga

Mandela het na Johannesburg verhuis - gedeeltelik omdat hy deur ’n gereelde stamhuwelik wou vermy - en het werk op 'n goudmyn as 'n polisieman gekry. Kort daarna is hy deur familielede gevind, en hy het dadelik gaan wegkruip. Hy het toe vir Walter Sisulu ontmoet, wat soos Tambo 'n lewenslange vriend sou word. Sisulu het hom gehelp om artikels by 'n regsfirma te kry.

Hy het sy BA-graad deur korrespondensie voltooi en het darna sy LLB aan die Universiteit van die Witwatersrand voltooi. Hy is in die vroeë 1950's as prokureur toegelaat en het 'n praktyk met Oliver Tambo geopen. Dit was die eerste swart regsvennootskap in die land. Hulle is deur die owerhede geteister, omdat hulle die twee uit "wit Johannesburg" na "die agterkant van buite" wou skuif.

Hulle het ook probeer om Mandela se naam van die prokureursrol af te kry. Maar op daardie tydstip was Mandela reeds ’n leierslid van 'n 60-sterk groep jong ANC-lede wat ongeduldig geraak het met die ANC-leierskap se taktiek van konstitusionalisme en hoflike petisie teenoor die regering.

Hy het vroeër besluit om die ANC op te bou tot 'n massabeweging deur radikale Afrika-nasionalisme en selfbeskikking te bevorder. Die eerste stap wat in 1944 geneem is --- was die stigting, tesame me Sisulu en Tambo, van die African National Congress Youth League (ANCYL), waarvan hy in die laat 1950's nasionale president geword het.

Die ANCYL het volle burgerskap en parlementêre verteenwoordiging vir alle Suid-Afrikaners geeïs, grondherverdeling, vakbondregte, vrye en verpligte onderwys, asook 'n kulturele program. So is die Weerstandsveldtog van die 1950's gebore waarvan hy nasionale "vrywilliger-in-hoof" geword het.

Hul eerste weerstandsoptrede was om die aandklokreëls te oortree. Nou het die tydperk begin waar Mandela in byna konstante konfrontasie met die owerhede was.

Nie-rassistiese Verenigde Aksie

Aanvanklik het Mandela en sy kollegas nie ander rassegroepe vertrou nie en het die algemene Afrikanistiese neiging gevolg. Maar gedurende die Weestandsveldtog het hy sy standpunte begin verander en later 'n vaste voorstander van nie-rassige verenigde aksie geword. In 1952 is hy en 'n aantal ander gearresteer en aangekla ingevolge die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme.

Hy is skuldig bevind en het 'n nege maande tronkstraf opgelê en was vir twee jaar verbied. Hy is ook verbied om byeenkomste by te woon en mag nie die Johannesburgse gebied verlaat het nie.

Sodra sy verbodsbevelle verstryk het, was hulle stiptelik hernu en dit het vir die volgende nege jaar aangegaan, maar hy het aangehou om met klein groepe te werk en het 'n selstelsel in die ANC-takke geïmplimenteer, ter voorbereiding vir die moontlikheid van ondergrondse aktiwiteite.

Verraadverhoor

In Desember 1956 was hy een van 156 politieke aktiviste wat gearresteer en aangekla is van hoogverraad. Dit het die beroemde "Treason Trial" geword wat wêreldwyd aandag getrek het en byna vyf jaar geduur het. Mandela en ander beskuldigdes het die verdediging verrig, nadat hul prokureurs in die noodtoestand van 1960 uigetrek het.

Op die ou end was hulle almal vrygespreek. Die ANC is in 1961 verban. Mandela het in die geheim begin werk en as die "Swart Pimpernel" bekend geword toe hy die polisie vir 17 maande ontduik het. Van tyd tot tyd sou hy swart gehore elektrifiseer deur by vergaderings te verskyn, 'n toespraak te maak en te verdwyn.

Hy was besig met 'n veldtog vir 'n nasionale konvensie om 'n demokratiese grondwet op te stel, asook om bly-by-die-huis staking en demonstrasies te organiseer. Ten minste een ondernemende koerantverslaggewer, Peter Hazelhurst, het hom op daardie tydstip ondervra. Hazelhurst was opgetel in 'n rendezvous in die stad, geblinddoek en toe in sirkels rondgery om hom te verwar. ’n Rukkie later het hy hom in 'n kamer bevind.

Die blinddoek is verwyder en daar was Mandela. Sy verslag van Mandela se eise het in die Sunday Express verskyn en die owerhede ontnugter. Hulle wou weet waar Mandela was, maar Hazelhurst kon hulle nie vertel nie, deels omdat hy sy woord gegee het dat hy dit nie sou doen nie, maar ook omdat hy geen idee het waar dit was nie. Maar daardie onderhoud het die regering geskud.

Rand Daily Mail

Sowat 12-jaar later toe premier Vorster my bevraagteken het oor die optrede van die Rand Daily Mail, waarvan ek destyds die redakteur was, was die probleem duidelik nogsteeds daar. Hy het gevra: "Hoekom het jy nie vir ons gesê waar Mandela was toe 'n verslaggewer uit jou koerant hom gevra het toe hy in 1961 op die hardloop was nie?" Vorster se Veiligheidspolisie, wat hom voor ons ontmoeting ingelig het, het dit verkeerd gehad.

Ek het nie plesier daaruit geput om Vorster te vertel dat hy die papier wat deur 'n susterpublikasie geskep is, beskuldig het. Vorster was natuurlik die Minister van Justisie ten tye van Mandela se uitbuiting en die "Swart Pimpernel" het sy polisielede soos dwase laat lyk.

Einde van Vryheid

Gedurende hierdie tyd is hy uit die land gesmokkel en het hy in Januarie 1962 'n verrassende verskyning by die Pan-Afrika Vryheidsbewegingskonferensie in Addis Abeba gemaak. Hy het na Londen gereis en leiers van Britse opposisiepartye ontmoet. Hy het ook guerrilla-opleiding in Algerië ondergaan.

Mandela het in die land ronbeweeg, gereeld vermom as ’n chauffeur van die teaterregisseur Cecil Williams, 'n lid van die ANC se gewapende vleuel. Dit was tydens ’n rit van Durban na Johannesburg dat hy uiteindelik met Williams gevang is in 'n polisieval naby Howick in Natal. Dit was die einde van sy vryheid vir meer as 27 jaar.

Translated by Nina Joubert