“Nelson Mandela A Man of Destiny” deur Aartsbiskop Desmond Tutu

© Eric Miller

Droom ons?

Op die Sondag nadat Nelson Mandela as president verkies is, het 30 000 mense 'n dankseggingsdiens by die FNB-stadion naby Soweto bygewoon. Ek het langs president Nelson Mandela gesit en ek het hom gevra: "Hoe voel jy? Dink jy dit is regtig aan die gebeur?"

Hy het tipies gereageer: "Ek onthou wat Leah berig was om te gesê het in New York toe die Noorse ambassadeur aangekondig het dat jy die Nobelprys vir Vrede vir 1984 gewen het." Hy het gesê: "Ons het onsself geknyp om seker te maak ons ​nie besig was om te droom nie. " Ek het "tipies" geantwoord, want hierdie man kan so koninklik en statig wees, maar ook so ongelooflik nederig en gewoon en tog het die hele ding nog ’n droomkwaliteit. Ons moet onsself dikwels knyp om te verseker dat ons wakker is.

Universeel Geadmireer

In Februarie 1990 was hierdie man steeds ’n gevangene wat al 27-jaar lank aangehou is, omdat hy die vermetelheid het om te beweer dat hy en sy mense, ja, dat hulle ook mens is en dat hulle onvervreembare regte gehad het, insluitende die reg om deel te neem aan die politieke besluitnemingsproses van hul moederland.

Vir hierdie houding is hy en baie ander gevange geneem, ander het in ballingskap gegaan en ander het ook vergaan. Nelson Mandela is deur die meeste blanke Suid-Afrikaners as 'n terroris beskou, en miskien selfs soos die duiwel se inkarnasie wat eerder onder slot en die grendel gehou moes word.

Ons het 'n buitengewone metamorfose voor ons oë sien gebeur. Hierdie een, wat so lank as 'n ogre beskou was, is so getransformeer dat hy vandag deur diegene wat hom pas onlangs vervloek het, vereer word. Hy kan niks verkeerd doen nie. Hy het selfs die mees kanniedood "bitter einder" bekoor - almal eet gelukkig uit sy hand en hy is sonder twyfel die staatshoof wat die mees universeel bewonder word.

Wit Suid-Afrikaners is mal oor sy merkwaardige grootmoedigheid en bereidwilligheid om te vergewe en amper alles te doen om nasionale eenheid en versoening te bevorder, soms tot die kritiek van sommige in die swart gemeenskap. "The man of destiny is great precisely because he is so human and has his foibles too" - Aartsbiskop Desmond Tutu

Translated by Nina Joubert

Mandela, The Moral Voice of Africa

By die OAE beraad in Junie 1994 het ’n verslaggewer na President Mandela as die "morele stem van Afrika" verwys....more

Nelson Mandela our beloved President by Raymond Louw

Dit was nie bloot omdat hy in die eindstryd waarin Suid-Afrika die Wêreldbekertoernooi in sy eerste verskyning in dié gesogte kompetisie g...more