Monitor die Gesondheid van Varke

©Glenneis Kriel
Under normal conditions, pigs will be playful, inquisitive and act as part of the group.
Die sleutel tot die bestuur van varke se gesondheid is om probleme en siektes betyds te identifiseer en beheer.
Om dit te doen moet varkboere tussen normale en abnormale gedrag en gesonde en siek varke kan onderskei.
Hier volg ’n paar tekens om op die uitkyk voor te wees:

Sosiale diere

©Glenneis Kriel
Pigs should be moving easily.
Varke is sosiale, intelligente diere. Onder normale omstandighede is hulle spelerig, nuuskierig en deel van ’n groep.
Hulle sal in ’n persoon wat die produksie area binnekom geïnteresseerd wees en op geluide reageer deur in die rigting van die geluid te kyk. As hulle siek is onttrek hulle hulleself van die groep en word lusteloos.
Hulle kan ook deur die ander varke verwerp word wat gevolglik tot ’n verandering in die groep se lê-patroon lei.

Beweging

©Glenneis Kriel
The face should be clean with no discharges from the eyes.
Varke behoort maklik rond te beweeg.
Varke wat hulleself van die res van die groep onttrek, ’n gebrek aan energie en krag het, dit moeilik vind om te loop of op te staan en op die grond bly lê, is alles tekens dat daar iets verkeerd is.

Ore, oë en snoet

Die gesig moet skoon wees met geen oog afskeidings nie. Dowwe oë en ore wat afwaarts hang kan aandui dat ’n vark ongesteld is. Nasale afskeidings moet ligkleurig wees en nie troebel, smetterig of bloederig nie.

Pels

Die hare moet blink en gesond wees. Swart en bruin varke het oor die algemeen dik hare, terwyl moderne wit rasse dunner haartjies het wat plat lê. Dowwe hare of hare wat regop staan en plek-plek uitval dui aan dat daar iets verkeerd is.

Vel

©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA
The skin and coat of the skin should look healthy.
Die vel moet skoon wees sonder wonde of skurwe, gekleurde kolle, letsels of verdikkings. Volgens ’n artikel, 'Recognising disease on the farm', kan ’n blou verkleuring van die ledemate geassosieer word met virusinfeksies, akute bakteriële septisemie, ’n vergiftiging, akute mastitis, metritis, akute longontsteking en verskeie ander siektes. In wit varke kan die rooi verkleuring van die vel ’n aanduiding van siekte of infeksie wees.

Asemhalingstempo

’n Gesonde vark sal stadig en maklik asemhaal. Die normale respiratoriese tempo van ’n vark hang van sy ouderdom af. ’n Gesonde pasgebore varkie se tempo is ongeveer 50 tot 60 asemteue per minuut, ’n jongeling tussen 25 tot 40 asemteue per minuut en dié van ’n volwasse vark 13 tot 18 asemteue per minuut.

Hartklop

’n Gesonde volwasse vark se hartklop is 65 tot 80 keer per minuut en onder 180 vir ’n pasgebore varkie.

Temperatuur

’n Normale vark se liggaamstemperatuur is tussen 38,5 en 39 grade Celsius. ’n Vark met ’n temperatuur bo 41 grade Celsius of onder 37 grade Celsius is ernstig siek. Daar is beslis iets fout as ’n vark bewe.

Aptyt

©Glenneis Kriel
Something is wrong if a pig loses its appetite.
As ’n vark sy aptyt verloor en nie langer in kos belangstel nie is daar groot fout.

Uitskeidings

©Glenneis Kriel
Dung should be firm with a cow pad consistency.
Die urine moet liggeel tot waterkleurig wees. Donkergeel, smetterige of bloederige urine is abnormaal. ’n Vark wat ophou urineer is dodelik siek. Die mis moet ferm wees met ’n miskoek-agtige samestelling. Hardlywigheid, waterige tot slymerige of bloederige diarree is nie normaal nie.

Melk

©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA
Piglets nursing under heating lamp: Sows should produce enough milk for each piglet.
Daar moet genoeg melk vir elke varkie wees, met ander woorde al die baba varkies moet rond en gesond wees. Iets is verkeerd as ’n sog se uier hard en geswel is of as sy nie genoegsame of enige melk produseer nie en van die varkies sterf.

Reuk

Gebruik jou reuksintuig om probleme soos swak ventilasie, hoë gas vlakke, lae humiditeit, slegte voer en selfs dooie diere te identifiseer. Wat vir die mens ongemaklik is, is heel moontlik vir ’n vark ook ongemaklik.

Translated by Ananda Schoeman