Moderne Tye in die Vredefort Koepel

© David Fleminger

Vrugbare Aarde

In die twee biljoen jaar sedert die traumatiese Vredefort impak, het die omgewing stadig herstel en alles was nou weer reg in die Koepel. Nuwe rotse het aanhou vorm, en die kraterstruktuur in die suid-ooste bedek. Erosie het die rondgestrooide rotse afgebreek om vrugbare grond te vorm. Die Vaalrivier het in ‘n westelike rigting deur die opgeligte graniet na die see gevloei. Oor die algemeen was dit ‘n pragtige plek met goeie water, baie plantelewe en ‘n oorvloed wild.