Mandela en Umkhonto we Sizwe – Berig deur Benjamin Pogurd

© Eric Miller

Spies van die Nasie

In die middel van 1961 het ANC-leiers in die geheim ontmoet en die noodlottige besluit te neem om Umkhonto we Sizwe (MK), die Spies van die Nasie, te stig om gewapende stryd teen Apartheid te loods. Mandela was in beheer gestel. Die besluit het ’n belangrike voorwaarde gehad - aanvalle sou op eiendom gemaak word en daar sou geen doodmaak van burgerlikes wees nie. Dit was, eerstens, gebaseer op die ANC se geloof in Mahatma Gandhi se beleid van nie-geweld en, tweedens, op die strategiese wete dat die doodmaak van blankes net hul vrees vir ’n meerderheidsregering sou versterk. Met slegs ’n paar uitsonderings is hierdie beleid vir die volgende drie dekades gehandhaaf. Met die nuwe beleid in plek het Mandela deur Afrika gereis en na Brittanje en die Sowjet-Unie gegaan.

Die regering was op die uitkyk vir sy terugkeer, maar hy het terug geglip van die destydse Betsjoeanaland, nou Botswana, af sonder om onderskep te word,. Die Britse koloniale owerhede het die presiese oomblik en plek van sy toetrede tot Suid-Afrika geweet, maar het dit nie aan Pretoria bekend gemaak nie. Ek was dit deur die sekuriteitshoof, Gerry Forrest, vertel en hom geglo omdat ek van vorige onderhoude geweet het dat hy 'n lae opinie oor die Suid-Afrikaanse polisie en sy sekuriteitseweknieë gehad het vanweë hul ideologiese fanatisme. Een voorval wat hom geïrriteer het, was toe hy na Suid-Afrika gery het en ’n polisieman by die grens het hom beveel om die motor se bonnet oop te maak. "Dink jy ek hou Mandela in die enjin?" het Forrest sarkasties gevra.
In Augustus 1962 is Mandela gevange geneem terwyl hy in Natal rondtoer en is gevang en verhoor vir aanhitsing en die land onwettig verlaat.

Gevonnis na Robbeneiland

Later, terwyl hy in gevangeniskap was, het die Rivonia toelê plaasgevind en met behulp van die dokumentêre getuienis wat daar gevind is, is hy en ander kollegas verhoor op die veel groter aanklagte om die regering met geweld te omverwerp. Die doodstraf was ’n swaar wolk oor die verhoor gehang het en dit was as ’n ware moontlikheid gevrees. Buite regeringskringe is daar destyds gedink dat dit net die krag van internasionale druk was wat die regter laat terugtrek het en Mandela lewenslange tronkstraf opgelê het.

Mandela is na die Robbeneiland se maksimum sekuriteitsgevangenis geneem as een van die 1 400 of so gevangenes wat daar gehou is. Die regering het geweier om hulle as politieke gevangenes te erken en het aangedring dat hulle dieselfde gevangenisstraf as gewone kriminele gevangenesse ontvang (behalwe dat die politieke gevangenes die feitlik outomatiese een derde vergifnis van vonnis aan moordenaars, verkragters en rowers geweier is). Mandela het die laer standaarde van voedsel wat aan swartes toegeken is in vergelyking met sy bruin en Asiatiese medegevangenes, ontvang. En almal het selfs minder gehad as die blankes, wat ook in die Rivonia-verhoor gevange geneem is, maar by die Pretoriase Plaaslike Gevangenis aangehou is.

Daily Mail Exposé

Die Rand Daily Mail het gehelp om die lewe vir Mandela en ander swart gevangenes te verbeter deur ons exposé oor swak gevangeniskondsies in 1965. Die regering ontken die waarheid van wat ons gepubliseer het en die volgende vier jaar ons informante vervolg en uiteindelik die redakteur en myself as die verslaggewer uitgehaal, maar terselfdertyd het dit veroorsaak dat die toestande verbeter. ’n Spesifieke nagevolg van die artikel vir Mandela en ander was hulle winterstoestande in die koue beton selle verlig was. Hulle was skoene en sokkies gegee, in plaas van rubber sandale (sommige gevangenes het nie eens dit gehad nie en moes kaalvoet loop), hulle het ook langbroeke gekry in plaas van driekwartlange 'tsotsi' broeke en dan het hulle natuurlik truie gekry. Die moeilike omstandighede het geleidelik verbeter en die brutaliteit van die wakers, waaraan Mandela eerste onderworpe was, het ook stadig begin eindig.

Mandela het aangehou om as ’n persoon te groei. Sy natuurlike charisma en leierseienskappe het uitgekom. Nie net het hy die ANC-mans in die tronk gelei nie, maar hy is ook deur die ANC se politieke mededingers - die Pan-Afrikaniste en hul Poqo-offshoots, die klein Afrika-weerstandsbeweging en die kleiner Yu Chi Chan-klub, gerespekteer. Mandela was altyd beskikbaar om advies aan enigiemand wat dit wou hê te gee. Hy was bekend vir sy kalmte en gewilligheid om te luister na wat ander mense te sê het.

Translated by Nina Joubert