Malbec

© Glenneis Kriel

Naam

Malbec

Beskrywing

Malbec is ’n druif kultivar wat gebruik word om rooiwyn van te maak. Dit is ontwikkel van ’n kruising tussen Prunelard Noir en Magdelaine Noire des Charentes.

Oorsprong

Malbec kom van Cahors in Frankryk waar dit die mees algemeenste druif tydens die Middeleeue was. Baie produksie areas is egter gedurende 1875 - 1889 uitgeroei weens die groot filloksera (wortelluis) plaag wat uitgebreek het. Die wingerdstokke is vervang met ander variëteite wat beter by die ingevoerde Amerikaanse wortelstok, wat teen filloksera bestand is, aanpas.

Die Malbec produksie areas het met die erge ryp van 1956 nog verder skade gekry en is met variëteite soos Cabernet Sauvignon en Merlot vervang. Domingo Sarmiento, die goewerneur van Mendoza en later die president van Argentinië, wou ’n wynindustrie bou wat net so suksesvol soos Frankryk s’n was.

Hy het Malbec in 1852 deur ’n agronoom, Miguel Pouget, vanaf Frankryk na Argentinië laat invoer. Dit was ’n paar dekades voor die filloksera epidemie in Frankryk en ironies genoeg word hierdie spesifieke ingevoerde kloon glad nie meer in Frankryk gekry nie. Malbec het in die warm klimaatstoestande gefloreer en Argentinië het die hoof produseerder van hierdie variëteit geword.

Aanvanklik is die meeste van die wyn plaaslik verbruik, maar in die vroeë 2000’s het die land ernstig geraak oor uitvoer. Daar is gevestigde strategieë om die kwaliteit van die uitgevoerde produk te verbeter en te waarborg gebruik en Malbec het die kenmerkende rooi druif van Argentinië geword.

Ander name

Malbec was blykbaar so algemeen in Frankryk gedurende die Middeleeue, dat meer as ’n duisend sinonieme daarvoor ontwikkel het. Die mees algemeenste is Auxerrois, Côt Noir, Noir de Pressac, Peid-Roughe and Pressac.

Produksie in Suid-Afrika

Terwyl Malbec sedert die 1920’s in Stellenbosch en die Paarl verbou is, is dit eers vroeg in die vroeë 1990’s as ’n enkele variëteitswyn gebottel deur Backsberg Estate Cellars, geleë tussen Paarl en Stellenbosch.

Produksie streke

Die gewildheid van Malbec in Suid-Afrika groei steeds met ’n produksie area van 40 hektaar in die 1990’s tot omtrent 450 hektaar in 2016. Malbec word in al die wynstreke van die land gekry, met driekwart van die hoeveelheid wingerde in die Swartland, Paarl en Stellenbosch.

Groei

Malbec is ’n sterk, kruipende groeier. Die gemiddelde opbrengs is 10 - 14 ton per hektaar.

Oestyd

Die druiwe word mid-seisoen ryp, gewoonlik vanaf die einde Februarie.

Druiwekorrels

Die swart korrels is mediumgroot en rond, die doppe dun en taai, maar die vleis sappig.

Blare

©Glenneis Kriel
Malbec se ronde blare is mediumgroot, donkergroen en heel tot drielobbig.

Siektes en plae

Hierdie variëteit is vatbaar vir donsskimmel.

Gebruik

Malbec word meestal gebruik as ’n enkel variëteitswyn, maar ook om kleur en ’n vrugte smaak aan versnitte wyne te gee. Dit word veral gebruik in ’n Bordeaux versnit saam met ander variëteite soos Cabernet Sauvignon, Merlot, Cabernet Franc or Petit Verdot.

Smaak

Malbec het speseryagtige bessie aromas soos pruim, swartbessie, jenewerbessie, kersie en bitter sjokolade. Dit kry blykbaar meer intense smake met goeie produksie toestande.Translated by Ananda Schoeman