Isimangaliso Wêrelderfenisgebied

UNESCO se Keuse

©Roger de la Harpe
Die Groter St Lucia Vleilandpark, tans die iSimangaliso Vleilandpark, is in 1999 as Wêrelderfenisgebied verklaar. Die Unesco komitee het besluit om twee mariene beskermde gebiede (St Lucia en Maputaland Marienereservate), en 11 nie-mariene gebiede (Maphelane Natuurreservaat, St Luciapark, Ooskus Staatsbos, Cape Vidal Staatsbos, Nyalazi Staatsbos, Valsbaaipark, Sodwana Staatsbos, Sodwanabaai Nasionale Park, Sibaya Varswaterreservaat, die Kuswoudreservaat en Kosibaai Natuurreservaat) by die grense in te sluit.

‘n Park van Internasionale Belang

©Roger de la Harpe
Die iSimangaliso Vleilandpark is as Wêrederfenisgebied verklaar nie net weens sy lewenbelangrike strande waar seeskilpaaie kom eiers lê nie, maar ook weens sy buitengewone biodiversiteit, sy natuurlike skoonheid en die riviermonding en vleilande se unieke ekologiese prosesse.

Die park bestaan uit vyf verskillende ekosisteme (wat habitats vir ‘n geweldige verskeidenheid biota vesrskaf): die kus en marienesisteem, die oostelike kusduinwoude, die riviermondings en meersisteme, die Mkhuzerivier papirusmoerasse en die droër akasiasavanna van die westelike kuslyn. Op hul beurt het hierdie ekosisteme ongelooflike ryk mikrohabitats soos wortelbome, koraalriwwe en raffia-palmwoude.

Erfenisstatus Waardig

©Roger de la Harpe
Dis nie net die geografiese diversiteit wat iSingaliso erfenisstatus werd maak nie. Daar is ‘n verbysterende verskeidenheid flora (2,185 aangetekende spesies), soogdiere (129 spesies), reptiele (128), voëllewe (526) en vis (1,039). Hierdie statistieke bewys waarom bewaring van die park so uiters belangrik is in ekologiese terme. Maar vir die gewone besoeker is dit die besondere atmosfeer en die kombinasie van ongerepte land en oseaan in hierdie hoek van maputaland wat so onweerstaanbaar is.

Jy stap uit ‘n houthuis en wandel teen die strand af deur ‘n duinlandskap van kasuarisbome waarvan die stamme in die wind klap soos ooievaars, terwyl dit keëls en naalde reën. Oor ‘n bultjie…en voor jou is ‘n lou, koraal-omringde see wat gepatrolleer word deur manta rogge, tier-en walvishaaie, en drie soorte seeskilpaaaie. In die donker dieptes skuil ‘n lewende fossiel, die selakant wat die kus se prehistoriese rivierspoelklowe verken. Jy stap verder langs ‘n strand vol bedrywige konfetti-agtige spookkrappe. Lae, dreigende wolke word versier deur ‘n perfekte reënboog. Net om die amper ongelooflike te vererger, seil twee migrerende walvisse verby, so naby dat jy julle kan hoor uitasem.

Voëlkykery

©Roger de la Harpe
Later stap jy deur die digbegroeide duine van buffeldorings (Zizyphus mucronat), Natal mahonie (Trichilia dregeana) en ‘pigeonwood’ (Trema orientalis), vol stringe bobbejaantoue en ‘old man’s beard’. Kusstrelitzias (Strelizia nicolai) druk hul koppe deur die koepel. Op die uitkyk vir die ontwykende ‘forest fowl’, hoor jy ‘n geritsel: dis maar net ‘n ‘samgo monkey’ of ‘n Tonga rooi eekhoring. Maar vir die oggend het jy darem green ‘twinspots’, ‘purple crestes turacos’ en ‘African emerald turacos’ gesien.

Agter die skanse van die duine is grasvelde met hier en daar lala (Hyphaene coriacea) en wilde-dadelpalms (Phoenix reclinata), en bewei deur renosters en iesegrimmige olifante. Van verder oor die vlaktes kom nuuskierige koedoes nader met horings wat amper te swaar vir hul koppe lyk. Jy ry by meer rietbokke verby as wat jy waarskynlik êrens anders in Afrika sal sien.

Teen sononder stap jy aan die grense van die vleilande. ‘Pressing’ wortelbome, die klap van vlerke op die water, die hartseer dreun van ‘n buiteboordenjin. Selfs die mees onskadelike poel herinner jou aan boomstompe met tande en vaatjies wat snork. Skielik is die salmpienk lug gevul met 10,000 flaminke wat die lug nog donkerder piek kleur.

Translated by Elna Van Rhyn