Identifikasie van die Rooikat

©Karl Svendsen
Die Rooikat (Felis caracal caracal) kry sy naam van die Turkse word “karakul” wat swart oor beteken. Soos die naam voorgee, is die skerp en lang ore van hierdie wildekat swart met welige klossies hare op die punte.

Die Rooikat het ʼn kort digte pels wat van ligte sandering tot diep rooibruin kleure lei, afhangende van die geografiese lokasie. Rooikatte het subtiele swart en wit merke op hulle gesigte en wit mae met rooi kolle. Melanistiese (heeltemal swart) individuele is ook al opgemerk.

Die manlike Rooikat is groter en swaarder as die vroulike kat, met die gemiddelde lengte van die katte wat wissel tussen 75 cm tot 120 cm en hulle gewig wat wissel van 8 kg tot 18 kg. Hulle agterlywe is bietjie hoër as hulle skouers, wat hulle in staat stel om tot 3 meter hoog te kan spring. Hulle het kort sterte wat al tussen 15 cm tot 35 cm lank gemeet is.

Hulle voorpote is bietjie kleiner as die agterpote en sluit nie naelmerke in nie.

Hulle is alleenlopende diere behalwe tydens die paar seisoen wanneer mannetjies en wyfies of wyfies met hulle kleintjies gesien kan word. Die swangerskap periode is omtrent 80 dae lank met wyfies wat gemiddeld tot 2 katjies per werpsel kan lewer. Dit neem ongeveer 10 dae vir die kleintjies om hulle ogies heeltemal oop te maak. Hulle is gespeen op tien weke en bly by die ma’s tot op die ouderdom van een jaar.

Daar is al Rooikatte opgeteken wat tot op die ouderdom van 19 jaar in gevangeneskap gelewe het, so hulle kan taamlik oud word. Hulle is nie ʼn beskermende spesies in Suid-Afrika nie.

Volgens die Tenikwa webwerf, kom die ou gesegde “To put the cat among the pigeons” van ʼn Middel Oosterse gewoonte waar ʼn rooikat in ʼn area geplaas word saam met klomp duiwe en mense dan weddenskappe aangaan oor hoeveel duiwe die rooikat sal vang sodra hy losgelaat word.

Doodmaak en Voed Patroon

©Nigel Dennis
Rooikatte is nag diere, maar hulle is ook in die dag woelig mits hulle nie gepla word nie. Hulle tuiste gebied kan enigiets van 400 ha tot 10 000 ha wees afhangende van die beskikbaarheid van voedsel. Die gebiede van die mannetjies oorvleuel meestal die van twee of meer wyfies.

Hulle prooi gewoonlik of verskeie soogdiere, soms selfs soogdiere wat baie groter as hulself is. Die prooi word bekruip tot hulle baie naby is en dan op gespring en gebyt op die onderkant van die keel totdat hulle versmoor. Die slagoffer kan bytmerke met twee steekwonde aan beide kante van die keel of lugpyp hê, en daar mag klou merke of op die skouer, maag of agterlyf wees.

Meer as een dier kan doodgemaak word tydens die jag, maar slegs een sal aan gevreet word. Die vel sal afgekou wees by die gat wat hulle gemaak het om in die karkas te kom met geen los vel wat agterbly soos by die jakkals nie. Hulle begin gewoonlik te eet op die agterkant en binnekant van die agterbeen, maar kan ook aan die skouerblad en borskas vreet. Die pels en hare mag uitgepluk word voordat hulle begin vreet.

Hulle breek en eet nie die groot bene van die prooi nie en ook nie die maag nie. Die prooi kan gebêre word deur dit half toe te maak en onder blare en sand te begrawe, of om die prooi in bome te stoor, soos luiperds dit doen.

Bestuur

©Nigel Dennis
Volgens die Predasiebestuur Handleiding, ontwikkel die rooikat ʼn smaak vir lewendehawe, veral skape en bokke, maar dit kan voorkom word deur die diere in hokke of krale aan te hou. Klippe moet gepak word onder om die heining om te keer dat diere onderdeur kruip, en elektriese heinings sal ook verder help met die beskerming van die skape en bokke. Geraas, ligte en reuk afskrik middels, veldwagters, halsbande en wag diere soos donkies en Anatoliese honde mag ook help.

Om predasie probleme aan te spreek, kan valstrikke aangebring word by prooi wat dood is, veral as dit nognie versteurd is nie, of op die roetes wat deur die rooikat gebruik word. Alternatief kan die rooikat gejag word in die nag deur honde, maar die honde mag nie in kontak kom met die rooikat nie.

Translated by Wilma Koeppen