Dr Peter Magubane en die Soweto Opstande

© Dr Peter Magubane

16 Junie in Swart en Wit

Dit is die 16de Junie 1976. Tydens die aanloop tot hierdie dag het ’n fenomeen oor die land plaas gevind. Woord het soos ’n onsigbare vuur versprei. Die swart jeug het ’n geheim veilig bewaar. Nie eers hulle ouers of onderwysers het van die beplande optog geweet nie.

Die nasie sal op hierdie koue wintersoggend geskok word, soos wat die nuus oor die protes teen minderwaardige Bantu-onderrig in Afrikaans as onderrigtaal, lek. Dit begin in Soweto, versprei na Alexandra, daarna na Pretoria (deesdae Tshwane) en so versprei die vlamme.

Toe joernaliste verbied word om Soweto te betree, is dr. Peter Magubane op die toneel, toerusting gelaai. ’n Soldaat met ’n kamera. In die verte sien hy die onheilspellende swart rook, ’n teken van aksie op die grond. Hy beweeg tussen hierdie liggings. Dr. Magubane het meer foto’s van 16 Junie as enige ander fotograaf.

Swart en wit beelde van die skoolkinders wat weghardloop van die hael koeëls wat bedoel is om hulle dood te maak. Hulle gesigte is deurdrenk met gemengde emosies van terreur en bevryding. Dit is ’n belangrike keerpunt in die land van onderdrukking, verewig vasgevang deur dr. Magubane se kameralens.

Ontbloot: Die Gruweldade van Apartheid

Eenkeer, terwyl dr. Peter Magubane besig is om die voortdurende opstande te dek, het die polisie die kameraman aangerand en sy neus gebreek. Hulle het hom gesê om sy film aan die lig te ontbloot, om die beelde te vernietig. Peter is meer oor die verlies van die foto’s as sy bloedige gesig bekommer.

Die wêreld moet hierdie onteenseglike gruwel sien, die brutale malligheid van Apartheid wat op film vasgevang is. Later daardie jaar, toe die polisie die koshuisbewoners van Mzimhlophe Koshuis aanspoor om die township-inwoners aan te val, het Peter deur die aand gewerk om die geweld te dek. Op pad na die koerant se kantore toe, sien hy dat sy eie huis in Diepkloof aan die brand is.

Hy is magteloos, terwyl hy kyk hoe die gebou kraak en neerval aarde toe. In Augustus 1976 word hy weer aangehou. Hierdie keer vir 123 dae saam met ’n ander swart nuusman – nóg ’n nuttelose poging deur die regering om te keer dat sy werk die gruweldade van Apartheid ontbloot.

Foto’s Neem Geskiedenis Op

Soms trap Magubane se werk op mense se tone. Wanneer hy dreigemente ontvang, antwoord hy ferm ‘Ek aanvaar nie dreigemente nie!’. Hy is ’n hardkoppige man wat kwaad word as hy nie kry wat hy wil hê nie. Die meeste mense gee tot sy outoriteit toe. Hy het immers teen die Nasionale Regering opgestaan, en geslaag. Daar is nie baie wat Peter Magubane kan intimideer nie.
Dit is pynlik om oor die verlede te praat, maar hy doen dit met styl ‘In my werk vind ek dikwels iemand wat swaarkry of selfs doodgaan’, maar die foto’s het eerste gekom. Dit was eers na die tyd, toe ek by die huis aankom, wat ek myself afvra “Wat doen jy?”’. Maar die volgende oggend was hy terug op die straat met sy kamera in sy hand. Hy was gedryf deur die oortuiging dat ‘Die wêreld sal reageer!’.