Die Wet en Predasie Bestuur

©Chris Daly
Predasie is een van die grootste bedreigings vir die ekonomiese oorlewing van nuwe, ontluikende en kommersiële veeboerdery. Dit is ook een van die grootste redes hoekom baie boere wegbeweeg van lewendehawe produksie.
Boere word gekonfronteer met ʼn moeilike dilemma as dit kom by predasie bestuur. Aan die een kant het hulle ʼn grondwetlike reg en verantwoordelikheid om hulle eiendom te beskerm wat hulle lewendehawe insluit, en terseflde tyd word hulle gesien as bewaarders van die land/grond en het hulle ʼn verantwoordelikheid om die biodiversiteit wat hiermee paard gaan te beskerm.
Om sake meer te kompliseer is die sameloop vir die bestuur en kontrolering van roofdiere nie baie duidelik nie en daar is verskeie nasionale en provinsiale wetgewing wat nie nie oorstemmend is nie. Dit gaan gepaard met beleidsvoorskrifte wat verskil van provinsie tot provinsie. Lewendehawe verskaffers met grond wat oor verkskeie provinsies strek, mag byvoorbeeld nie dieselfde kontrole metodes uitoefen op verskillende dele van hulle plaas nie.
Die beste manier om hierdie onsekerheid oor die reëls en regulasies te oorkom is om seker te maak dat die wette nie oortree word tydends regstellende aksie nie, en dat ʼn verhouding opgebou word en konsultasie plaasvind met provinsiale Natuurbewaring Kantore of die Predasie Bestuursforum. Die Predasie Bestuursforum offer gereelde opleiding om boere te bemagtig met ʼn arsenaal van gereedskap om predasie effektief te bestuur. Die twee belangrikste wette van predasie bestuur wat gekonsidereer moet word is die Nasionale Omgewingsbestuur Biodiversiteit Wet en die Wet op die Beskerming van diere.

Biodiversiteit

©Louise Brodie
Die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur Biodiversiteit (Act 10 van 2004) is gerig op die beskerming van Suid Afrikaanse biodiversiteit en ekosisteme. Die doodmaak en jag van gelyste bedreigde of beskermde spesies is verbode, tensy die diere deur die owerhede gesien word as skade-veroorsakende diere.
Aksie mag slegs geneem word indien ʼn permit uitgeryk is om stappe te neem. Owerhede wys die stappe aan wat toelaatbaar is vir spesifieke geteikende roofdiere sowel as wanneer hulle gevang word, waarheen die roofdiere geskuif word, hoe dit gaan gebeur, en deur wie dit gedoen moet word. Gebasseer op hierdie Wet moet boere liewer van die holistiese bestuursbenadering gebruik maak om hulle vee te beskerm van predasie en geteikende remediërende stappe neem om die seermaak van onskuldige diere te voorkom. Boere word toegelaat om beskermde roofdiere dood te maak uit selfverdediging, maar dit moet geraporteer word aan die Bewarings Kantoor, wat die gebeure sal ondersoek.

Menslike Bestuurspraktyke

Volgends die Dierebeskermings Wet (Wet 71 van 1962) mag geen kontrole metode gebruik word wat enigsins pyn en leiding sal verskaf aan enige roofdiere nie. Boere moet daarvolgends wegbly van enige vorm van kontrole wat besering sal aanbring aan die diere soos gif, valstrikke, been-vashou toestelle ens.
Behalwe dat dit wreed is, is hierdie metodes ook sonder onderskeid en diere word beïnvloed wat nie die teikens was nie. Die gebruik van sagte valstrikke is kontroversieel omdat dit in ʼn moordwapen kan verander wat verskeie tipe diere kan vermink indien dit gestel word deur onbevoegde persone. Die geheim is om die strik te stel op ʼn manier wat slegs die geteikende dier sal vang sonder dat daar enige ander beserings onder ander diere sal voorkom.
Die gebruik van jag honde word ook afgekeer omdat hierdie honde gereeld skade veroorsaak aan kleiner diertjies as hulle nie goed bestuur word nie. Volgens die Dierebeskermings Wet, mag slegs opgeleide honde gebruik word en mag hulle slegs gebruik word vir die spoorsny van roofdiere. Die honde mag nie roofdiere doodmaak of enige fisiese kontak met die roofdiere hê nie, en die honde moet goed versorg word.

Translated by Wilma Koeppen