Die Gebruik van Gif in Predasie Bestuur

© Robert Hofmeyr

Plaagdoders, wat insekdoders, swamdoders, bygevoegde stowwe en bymiddels insluit, mag net gebruik word vir die doel aangedui op die etikette. Omdat geen van hierdie doders en stowwe geregistreer is om roofdiere dood te maak nie, mag geen van hierdie produkte of die vermenging van hierdie produkte gebruik word om roofdiere dood te maak nie. Selfs die koop of verkoop van hierdie produkte met die doel om roofdiere te vergiftig is ʼn ernstige kriminele oortreding.
Die eerste probleem met gif is dat dit nie teiken-spesifiek is nie, wat beteken dat onskuldige diere in die proses vergiftig word. Die hiërargie van die roofdiere groep kan ook ontwrig word wanneer diere wat nie skade veroorsaak nie vergiftig word, en die diere wat dan skade veroorsaak die leiers word.
Ander diere, partykeer bedreigde spesies soos aasvoëls en roofvoëls, kan geaffekteer word deur direkte of inderekte kontak met die gif terwyl hulle vreet aan die diere wat vergiftig is.

Giftige Halsbande

Volgens die Predasiebestuur Forum is die gebruik van halsbande wat gevul is met “Sodium monofluoroacetate” (1080) om ontslae te raak van swartrug jakkalse en rooikatte, die enigste uitsondering op die reël. Geen ander gifstowwe mag egter in hierdie halsbande gebruik word nie en die halsbande moet gevul word deur gelisensieerde verskaffers in terme van die Wet op Gevaarhoudende Stowwe, Wet 15 van 1973.

Die halsbande moet slegs op klein lewendehawe diere gebruik word om die rooikat en swartrug jakkalse te beheer as alle ander tegnieke nie gewerk het nie. In hokke/kampe waar die risiko groot is vir roof aanvalle, stel die forum voor dat boere van hierdie giftige halsbande om ʼn paar jong lammertjies se nekke sit en hulle dan in die kampe saam met volwasse skape sit.
Die voordeel van hierdie metode is dat net roofdiere wat skape en bokke vang doodgemaak sal word deur hierdie giftige halsbande. Vergiftigde roofdiere moet diep begrawe of verbrand word sodat ander diere en roofvoëls nie van die gif inkry nie.

“Coyote Getters”

ʼn Ander uitsondering tot die reël is “Coyote getters” – ʼn toestel wat geteikende roofdiere doodmaak deur sianied in hulle monde te skiet wanneer hulle die aas versteur. Alhoewel dit een van die mees suksesvolle metodes is om die probleem van rondloperhonde aan te spreek, is dit nie ʼn selektiewe metode nie en dit mag lei tot die vergiftiging van ander spesies, byvoorbeeld kleiner diertjies.

Permitte

Boere moet die regte permitte kry by die Provinsiale Natuurbewarings Owerheid om gebruik te maak van die giftige halsbande en “coyote getters”. Die owerheid het spesifieke kondisies wat gepaard gaan met die uitryk van die permitte wat streng nagevolg moet word. Die “coyote getters” moet opgestel word deur die Provinsiale Natuurbewarings Departement om te verseker dat dit ooreenstem met al die etiese vereistes.

Translated by Wilma Koeppen