Blue Duiker
Blouduiker

© Roger de la Harpe/Africa Imagery

Naam

Blouduiker (Philantomba monticola)

Voorkoms

Die blouduiker is die kleinste wildsbokkie in Suider-Afrika. Die bokkies meet 300 mm by die skouers. Ooie weeg 4.7 kg en ramme 4 kg. Hul pels is blougrys. Albei geslagte het kort, skerp horingkies wat dikwels deur 'n klossie hare versteek word.

Dieet

Die blouduiker leef van vars blare, vrugte en blomme wat op die grond val.

Teling

Hulle is nie-seisoenale telers, met 'n dragtigheidsperiode van ongeveer 210 dae. ‘n Enkele lam word gebore, met 'n gewig van 400 gram. Lammers word weggesteek vir die eerste paar weke na geboorte, en word uit die ouers se grondgebied verdryf sodra hulle op ongeveer 388 dae seksuele volwassenheid bereik.

Waar hulle voorkom

Die blouduiker is wyd verspreid vanaf die Oos-Kaap na dele van Wes-Afrika. As gevolg van sy habitatvoorkeur is die verspreidingsgebiede egter so uiteenlopend soos wat die inheemse immergroen woude voorkom. Die spesies word as skaars geklassifiseer in die Suid-Afrikaanse Red Data Book.

Veldnotas

Dit is bekend dat blouduikers voëleiers en insekte eet. Dit maak hulle omnivore, hoewel hul voedsel hoofsaaklik plantegroei is. Hulle word gejag deur arende, in die besonder die bos patrollerende kroonarend.