Benjamin Pogrund, ’n Rand Daily Mail Verslaggewer, Herinneringe van Mandela

© Eric Miller

Vroue Optogte Verdedig

Ek het Nelson Mandela gesien werk in die howe tydens die nadraai van die vroue optogte teen die paswette in 1959. Die vereiste dat swartes ’n pasboek te alle tye by hulle moet dra, of dadelik gearresteer word, was besig om vir vrouens ook te geld: duisende vroue was gearresteer toe hulle hul teenkanting uitdruk.

Ek was ’n jong joernalis by die Rand Daily Mail koerant, besig om die werk as verslaggewer in die magistraat se howe te leer. Ek het reeds vir Mandela geken en hy het my vertel dat massa verhore vir die gearresteerde vroue gehou word in die kelder van die gebou waar die aanhoudingselle gesitueer is en dat die media van die verhore uitgesluit was.

Ek en hy het saamgestem dat dit in die oë van die reg verkeerd was. Ek het die hoof magistraat gaan sien en daaroor gekla en gedreig om ’n aansoek by die Hooggeregshof in te handig. Die verhore was dadelik vir die pers oopgemaak.

Van daardie dag af, oor die komende ses weke, het ek saam met Mandela in daardie verhore gesit tussen die regters wat geveg het om die vroue vrygespreek te kry, of ten minste die laagste moontlike vonnis.

Briewe van Robbeneiland

’n Dekade later, toe Mandela ’n gevangenis op Robbeneiland was, het hy aan my ’n brief geskryf. Hy het geglo, seker tereg, dat die outoriteite dit nie sou laat deurgaan nie, en dit daarom aan iemand anders geadresseer.

Die leidraad na die veronderstelde ontvanger was weggesteek in die inhoud van brief, omdat hy verwys het na wat gebeur het in die opening van die magistraat se verhoorselle aan die pers.

Die brief was aangestuur van een persoon na die ander, soos wat hulle probeer uitwerk het vir wie dit bedoel was, totdat, uiteindelik, dit my na ’n paar maande bereik het.

Translated by Nina Joubert