Albertina Sisulu se Nalatenskap

©Eric Miller

Albertina Sisulu, ook bekend as die Moeder van die Nasie of Ma Sisulu, is bekend as 'n Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en die vrou van mede-aktivis Walter Sisulu. Sy is bekend vir haar leierskapvermoë en moederkrag wat haar vanaf 'n nederige begin in die Transkei tot een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde en invloedryke ikone gehelp het.

Haar rustige en nederige voorkoms was haar sterkpunte. Sy was sterk en veerkragtig deur jare van vervolging, en is 'n waardige vrou om te vier. Voormalige President Jacob Zuma het haar beskryf as 'n sterkpilaar, nie net vir die Sisulu-familie nie, maar ook vir die hele bevrydingsbeweging gedurende die apartheid-jare.

Sy het van die leiers en stigters van demokratiese Suid-Afrika beraad, verpleeg en opgevoed. Sisulu het een keer vertel wat 'n skoolonderwyser al aan haar vertel het; "Jou gedrag is die beste onderwyser. Dit is kragtiger as wat jy sê." Volgens die gedrag van Sisulu, is dit nie verbasend om te hoor dat hierdie woorde haar geïnspireer het nie.

Haar nalatenskap lê in die produk van 'n lang en moeilike stryd. Sy hou 'n spesiale ereplek onder Suid-Afrika se leiers. Sy het haar familie deur die rasistiese apartheidsregimet gelei.

Deur dit alles het sy toegewyd gebly en geweier om geïntimideer te word, onwankelbaar in haar saak vir 'n bevryde en demokratiese land. "Probeer soos hulle wil, hulle kan nie haar gees breek nie, hulle kan haar nie bitter maak nie, hulle kan nie haar liefde verslaan nie," het Aartsbiskop Desmond Tutu van haar gesê.

Translated by Hazel Oliver

Albertina Sisulu - Vereer vir Jare van Diens

In 1999 het sy 'n eredoktorsgraad van die Universiteit van die Witwatersrand ontvang vir haar toewyding aan die oorsaak van demokrasie en ge...more

Albertina Sisulu - Moeder van die Nasie

Toe hy ondergronds was om Umkhonto we Sizwe (die ANC se militêre vleuel) te begin, het sy die broodwinner geword vir die familie....more

Albertina en Walter Sisulu

Albertina Thethiwe se eerste ontmoeting met Walter Sisulu, was toe sy in 1941 by die Johannesburgse Algemene Hospitaal was....more

Albertina Sisulu - Werk vir 'n Bevryde Suid-Afrika

Albertina Sisulu was nie in die politiek betrokke nie totdat sy in 1941 met Walter ontmoet het. Selfs toe het sy net vergaderings bygewoon a...more

Albertina Sisulu Buite Politieke Aktiwiteite

Nadat sy van die hoërskool gegradueer het, het Albertina Sisulu besluit om opgelei te word om verpleegster te wees. In 1940 het sy by die J...more

Albertina Sisulu - Die Lewe van 'n Ikoon

Nontsikelelo Thethiwe was gebore aan Bonilizwe en Monikazi Thethiwe op 21 Oktober 1918, in die Tsomo-distrik van die Transkei. Sy het die na...more