Wild Dagga
Wildedagga

© Roger de la Harpe

Naam

Wildedagga

Latynse naam

Leonotis leonurus

Beskrywing

Die Wilde Dagga is 'n yl struik met lang, vierhoekige stingels wat ‘n vierkantige deursnee het. Die blare is in pare, kan nou of breed en getand wees; hulle is dikwels harig. Die blomme word gedra in digte, spitsagtige golfbal-grootte koppe waar litte op die stingels buisvormige oranje blomme, verdeel. Hulle is geskei in twee dele of lippe, 'n kapstokkie wat die meeldrade omsluit, en 'n klein onderlip.
Suikerbekkies voed gewoonlik op die nektar van die blomme. Die blomtyd van die Wildedagga is gedurende somer en herfs. Ten spyte van die naam van Wildedagga, word die blare nie as 'n plaasvervanger vir ware Dagga gebruik nie, maar word gerook as 'n verligting vir sekere siektes.

Habitat

Wilde Dagga groei in savanne gebiede en ruigtes en in Suid-Afrika kan dit gevind word in die Limpopo Provinsie en die Kruger Nasionale Park.

Veldnotas

Die plant het wel medisinale eienskappe en verskillende stamgroepe gebruik dit vir verskillende doeleindes, van die behandeling van pyne tot om verkoue en griep te genees. Daar is eienskappe in die plant wat bekend is om te help met Tipe 2 diabetes, epilepsie, aambeie en hardlywigheid.