Mhondoro Safari Lodge is geleë in die 33 000 hektaar Welgevonden Wildreservaat.
Hierdie reservaat is die tuiste van meer as 50 dierspesies, insluitende die Groot 5. Die diverse habitatte van die reservaat lok ’n verskeidenheid bokke soos elande en duikers, asook groot katte soos leeus, luiperds en jagluiperde. Die reservaat is ’n gesogte voëlkykbestemming met meer as 300 voëlspesies.
Wildbesigtigingsritte word twee keer ’n dag onderneem. Die eerste in die oggend en tweede rit is laatmiddag. Die ritte word deur professionele en entoesiastiese gidse gelei. Spesiale wildbesigtigingsritte vir jonger kinders kan ook gereël word. Hierdie luukse akkommodasie spog met ’n ondergrondse besigtigingspunt in die watergat wat aan die hooflodge gekoppel is deur ’n 50 m versterkte betontonnel. Hier kan jy unieke en nabye besigtigingsgeleenthede verwag.
As jy jou bene wil strek, kan jy deelneem aan ’n informatiewe stap safari waar ervare gidse jou op ’n veilige manier nader aan die natuur sal bring.
Mhondoro Safari Lodge staan met goeie rede bekend as ’n familievriendelike lodge. Die ruim familiesuite en die eksklusiewe villa is die perfekte akkommodasie vir ’n familiesafari. Boonop is die program vir die jongklomp ontwerp om klein reisigers te in die natuur te vermaak. Die jongklomp word besig gehou met bosstaptoere, spoorvorms maak, welkompakkies, werkboeke en rondritsritte terwyl die ouers hul safari kan geniet, met die wete dat hul kinders veilig en gelukkig is. Vir ouer kinders is daar boogskiet, sterrekyk en koekiesbak en -versiering.
Die olifantbestande speelgrond laat jou kinders toe om hulleself in ’n veilige omgewing te geniet. Die verhitte swembaddens is ook ’n prettige plek vir die kinders om van hul energie ontslae te raak.
Mhondoro Safari Lodge is ’n gesogte kosbestemming en spog met gesonde kos, voorberei met die net die varsste bestanddele. In elke dis is daar ’n onmiskenbare tikkie Afrika. Die kwaliteit en aanbieding van die kos, gemaak met bestanddele wat op die perseel gegroei word, is besonders. Alles is so ver moontlik tuisgemaak, insluitende die peuselhappies wat op die wildbesigtigingsritte bedien word. Alle maaltye word pragtig bedien in ’n verskeidenheid eetareas in en om die lodge.
’n Temperatuurgekontroleerde wynkelder bied spesiale wynproe-ervarings aan en ’n goed toegeruste kroeg bedien ’n verskeidenheid biere, siders en sterk drank.