Uitstekende Safari Bestemming
Welgevonden Privaat Wildreservaat, Limpopo

Mhondoro Safari Lodge is 'n uitstekende safari bestemming en bied luukse akkommodasie in die malaria-vry Welgevonden Private Wildreservaat aan.

Hoogtepunte

“Waterhole Hide” waar jy naby aan die wild kan kom
Bos wandelinge en wildbesigtigingsritte in die malaria-vrye Welgevonden Private Wildreservaat
Vyfster akkommodasie met verhitte swembaddens wat gereeld deur dors olifante besoek word
Romantiese Ster Dek met ’n kragtige teleskoop gekoppel aan ’n rekenaarprogram wat die sterrekyk verbeter
Kindervriendelik, met ’n veilige speelgrond en bos wandelinge en programme vir die jongklomp

Jou Ervaring

Mhondoro Safari Lodge kombineer op ’n uitstekende wyse vyfster luuksheid met outentieke Afrika safari-elemente om te sorg dat jou bosveldwegbreek die beste is. Mhondoro Safari Lodge, geleë in die Welgevonden Wildreservaat wat die tuiste van ’n groot verskeidenheid dier- en voëlspesies is, bied uitstekende geleenthede vir wildbesigtiging en voëlkyk.

Die luukse akkommodasie in die Welgevonden Wildreservaat is beide elegant en kindervriendelik. Gaste van alle ouderdomme word met ope arms verwelkom. Privaatheid en eksklusiwiteit is sleutelemente en stel jou in staat om te ontspan en die omliggende natuurskoon teen jou eie pas te verken.

Die suites, asook die hooflodge, is beeldskoon versier en straal luuksheid uit. Hierdie luukse akkommodasie in die Welgevonden Wildreservaat voel steeds soos ’n huis weg van die huis, met toegewyde personeel wat verseker dat al jou behoeftes na omgesien word.

Jou algehele ervaring by Mhondoro Safari Lodge sal een wees van uiterste genot. Jy sal vertrek met kostelose herinnering en ’n hunkering om so gou as moontlik terug te keer vir nog ’n luukse wegbreek.