Daar is ’n aantal verblyfopsies beskikbaar by Mhondoro Safari Lodge.
Die Deluxe Suites het elkeen ’n slaapkamer met ’n en-suite badkamer en private uitsigdek wat oor die watergat en bosveld uitkyk. Die Honeymoon Suite is die epitoom van ’n romantiese wegbreek - pragtig gemeubileer en heeltemal privaat. Die Executive Suite het twee slaapkamers, beide met en-suite badkamers, en ’n groot sitarea met ’n kaggel.
As jy opsoek is na akkommodasie vir die hele familie, is die Family Suite jou beste keuse. Die suite bestaan uit twee slaapkamers, gedeelde badkamer en ruim leefareas.
Die Villa by Mhondoro Safari Lodge, wat eksklusief bespreek kan word, het ’n manjifieke meestersuite asook twee en-suite slaapkamers. Die Villa het ’n private swembad, private gimnasium en yogakamer, private sjef en huishulp. Die Villa sluit ’n private gids en private voertuig in, ideaal vir ’n familie samekoms.
Alle kamers is toegerus met lugversorging, ligbestande gordyne, haardroërs, iPodkoppelstasies, elektroniese kluise en geriewe om tee/koffie te maak.
Hierdie safari akkommodasie bied ’n reeks luukse geriewe, van heerlike spa-terapieë, insluitende masserings en aromaterapiebehandelinge, tot pragtige verhitte swembaddens in. Hier word jy uitgenooi om die hele dag lank lui te lê. Jy kan jou lyf in allerbeste vorm hou by die gimnasium op die perseel, of ’n rustige middag in die knus leeskamer deurbring.
Die sterreplatvorm gee meer dimensie aan jou sterrekyk ervaring. Hierdie verhoogde houtdek het spesiale sitplekke teen ’n hoek. Dit versorg dat jou sterrekyksessue so gemaklik moontlik is. Met min ligbesoedeling in die area lyk die naghemel meer lewendig en die melkweg neem nuwe lewe aan. Die platvorm het ook ’n kragtige teleskoop wat aan ’n rekenaarprogram gekoppel is, sodat jy die magdom sterre kan uitken.
Ander geriewe:
Klub vir die jongklomp en olifantbestande speelgrond
Binnenshuise en buitelug sitarea met kaggel
Eetkamer
Kroeg
Wynkelder
Groot houtdekke wat oor die watergat en reservaat uitkyk
Verhitte swembad
Buitelug vuurput