Watsonia

© Roger de la Harpe

Naam

Watsonia

Latynse naam

Watsonia transvaalensis

Beskrywing

Die Watsonia het 'n hol, bolvormige knol, wat op verskeie generasies ou knolle groei, wat 'n taamlike dun vesel het. Die vier blare het’n stywe tekstuur en is swaardvormig, die laagste een is die langste en kan tot 90 cm lank word.
Die stingel kan tot 1m of langer wees en die blomme wissel in vorm en kleur. Die kroonblare is soms puntvormig en is wit, bleekpienk, rooskleurig, salm en terracotta in kleur, elk met 'n sentrale donker pienk lyn. Die blomtyd van hierdie plant is van Oktober tot November.

Habitat

Gevind in oorvloed in gunstige plekke. Groei wydverspreid in grasvelde in die Noordelike Provinsie.

Blomme

Die blomstele kan 1m of meer in lengte wees, met omtrent 16 blomme. Die blomme verskil in grootte en kleur. Die blomblare is partykeer punterig en hul kelur kan amper-wit, vaal pink, roos, salm of terracorra wees, met ‘n donker pienk lyn in die middel. Die plant se blomtyperk is vanaf Oktober to November.

Veld Notas

Watsonia is ‘n vinnig-groeiende, geharde plant. Wanneer ‘n hele veld vol blom in die somer, is dit ‘n onbeskryflike mooi beeld. Die plant kry sy naam van Sir William Watson, ‘n 18de eeu Britse botanis.