Tydens die vierde eeu is die moderne Noordelike Provinsie beset deur Khoisan en Vroeë Ystertydperk mense wat deur die handel, die huwelik en oorlog in interaksie was. In die 7de eeu was die noordelike dele deur die Ngona en Khoisan bewoon. Vanaf die 8ste eeu het die Mapungubwe Koninkryk na vore gekom wat van die Soutpansberg in die suide oor die Limpoporivier na die Matopos in die noorde gestrek het. Die koninkryk het vanaf 1240 afgeneem, en die middelpunt van mag en handel het na die noorde tot by die Groot Zimbabwe Koninkryk verskuif.
ʼn Verskuiwing van fokus na Zimbabwe se Khami en Rozwi ryke het gevolg, maar kultuur het nie in die suide van die Limpopo tot stand gekom nie. Shona-Venda en Venda erdewerkstyle het in die 14de en 15de eeu ontwikkel. Daar is geen klip ommuurde ruïnes wat vergelykbaar in grootte is met Groot Zimbabwe in die noord-oostelike deel van die Noordelike Provinsie nie, maar die verblyf plekke in die berge wys tog na ʼn skakel.
Met die opkoms van hierdie sentrums van mag, vanaf ongeveer 1400, het golwe van Shona-sprekende immigrante uit moderne Zimbabwe (bekend deur die Venda as Thavatsindi)hulle oor die Laeveld gevestig. Aan die einde van die 17de eeu het 'n ander golf naamlik die Singo, waarskynlik van Rozwi oorsprong, met die opbreek van die Rozwi ryk van Danangombe (Dhlo Dhlo) naby die middelpunt van Zimbabwe gevlug. Hulle het hulself eers by Tshiendeulu,en daarna by Dzata gevestig.
Dzata in die Nzhelele-vallei het baie uitgebreide huishoudings met klip mure, en vir 60 jaar het hulle 'n opeenvolging van heersers gehad. Die meeste opskrywing van die geskiedenis sentreer rondom Thoho-ya-Ndou (Hoof van die Olifant), wat waarskynlik 'n paar leiers was wat die naam aangeneem het met die toetreding van die troon. Sommige opskrywings beeld Thoho-ya-Ndou uit as die man wat die Soutpansberg groepe verenig het om die Venda te vorm. Ander sê weer dat hy die Venda krag gegee het en grense uitgebrei hete deur naburige groepe te inkorporeer.
In 1760 het Dzata tot op die grond afgebrand. Die lot van Thoho-ya-Ndou is 'n raaisel: hy kon met die Ngoma Lungundu gevlug het om hom oorkant die Limpopo te vestig, of hy mag vermoor gewees het.
Met die verdwyning van Thoho-ya-Ndou is die koninkryk in twee verdeel. Dit het in die 19de eeu gelei tot nog meer groepe, waarvan die mahosi (konings) ge eis het dat almal van Singo afkomstig is. Die Venda het ook mahosi van ander oorspronge in hulle groep gehad. Wette oor opvolging tot die troon is kompleks en Venda geskiedenis word gekenmerk deur gereelde opvolgings geskille wat tot vandag nog voortduur.
Alhoewel die Lemba onder die Venda lewe behou hulle eienskappe, soos die voorkoms van varkvleis, wat hulle oorsprong bewys. Sommige argumenteer dat die Lemba van die Noordelike Provinsie en Zimbabwe, afstammelinge is van Arabiese handelaars wat eeue gelede tussen Oos-Afrika en die Zimbabwiese plato gewissel het. Die Lemba hulself glo hulle is Swart Jode, nasate van die verlore stam van Israel.
Ongeag hul oorsprong, het hulle 'n belangrike rol gehad as die draers van goedere tydens prekoloniale yster en goud handel tydperke. In die verlede kon geen Lemba vrou 'n Venda man trou nie, en die huwelik van Lemba mans met Venda vroue was skaars. As 'n Venda vrou met 'n Lemba man trou moet sy 'n seremonie om 'n Lemba te word ondergaan. Dit geld ten minste vandag nog in die teorie.
Handel, oorlogvoering en ondertrouery met Tsonga, Lobedu, Zoeloe, Swazi en ander mense het ook hulle afdrukke gelos op die Venda kultuur.
ʼn Drom, Ngoma Lungundu (die drom van die dood of van Mwari), is die sentrale kenmerk van die mondelinge tradisies oor die Singo. As dit in tye van bedreiging deur die koning geslaan is, het dit die mense teen aanvalle beskerm en hulle in staat gestel om hul vyande te verslaan. Die drom het soveel vrees in die siele van die vyande geslaan dat hulle doodbang gevlug, op die grond in 'n beswyming geval of gesterf het.
Tradisie gee mee dat die drom die Singo in staat gestel het om hul reis te onderneem en die land suid van die Limpopo te beset en te behou. By tye wanneer die drom homself gespeel het was dit die onsigbare voorouer-god Mwari, wat die drom aan die Singo konings gegee het, wat dit self speel.
Sommige opskrywings verklaar dat die drom weggesteek is in 'n grot naby Netshiendeulu, na die vernietiging van Dzata, wie se inwoners dit bewaar.
Translated by Wilma Koeppen