By hierdie safari ervaring in die Tuinroete kan jy die wildernis ontdek en die plaaslike herbivore en karnivore ontmoet met ’n 4x4-wildbesigtigingsrit.
Op die aand wildbesigtigingsritte word ’n flitslig gebruik om nagtelike diere uit te wys. Tydens jou veblyf by Gondwana Privaat Wildreservaat het jy die geleentheid om die tierboskat, jakkals, vlermuis, ’n paar uile en dalk ook die meer ontwykende luiperd, wat rondkruip met die beskerming van die donkerte, te sien.
Kinders tussen die ouderdom van 6- en 12-jaar kan by die Junior Guide Experience aansluit. Dit is ’n reeks aktiwiteite, insluitend wildbesigtigingsritte, wat spesifiek daarop gemik is om jong gaste op te voed en te stimuleer. Kinders wat die ‘kurses’ voltooi sal ’n spesiale kenteken ontvang.
Jonger gaste kry ook ’n handige gids rugsak en safari boekie vir al hul aktiwiteite gedurende hulle verblyf. Families met kinders onder die ouderdom van 12-jaar word geakkommodeer in die luukse bos villas. Die bos villa bied kombuis fasiliteite en aparte en-suite badkamers, asook ’n groot stoep aan. Dit is 'n ideale spasie vir ’n ontspanne familie vakansie.
Kinders onder die ouderdom van 6-jaar word nie toegelaat op wildbesigtigingsritte nie, maar die lodge sal probeer om ’n familie voertuig beskikbaar te maak vir gaste met jonger kinders. Ouers het ook die opsie om ’n eksklusiwe-gebruik voertuig te huur. Kinderoppassersdienste is ook teen ekstra koste beskikbaar.