Ontspan in die Wilde Prag
Tuinroete, Wes Kaap

Gondwana Privaat Wildreservaat bied akkommodasie opsies vir solo reisigers, families, paartjies en groepe wat Suid-Afrika se Tuinroete toer.

Hoogtepunte

Oorvloed voël- en wild besigtinge
Ontbyt en ’n braai in die bos
Keuse tussen 4 tipes akkommodasie
Naby aan ’n gholfbaan geleë
Akkommodasie en aktiwiteite vir kinders

Jou Ervaring

As jy besig is om die Tuinroete in die Wes-Kaap te toer en die meeste van jou vakansie wil maak, is ’n besoek aan Gondwana Privaat Wildreservaat eerste prioriteit. Geleë langs die ooskus van Suid-Afrika, Gondwana bied besigtinge van leeu, sebra, olifant, luiperd, buffel en verskeie bokke.

Die reservaat bestaan uit 11 000 hektar natuurlike omgewing en bied die ideale dosis safari aksie tot ’n kus vakansie. Hierdie safari ervaring bied ’n verskeidenheid aktiwiteite aan, insluitend 4x4-wildbesigtigingsritte in die oggend en in die aand, bergfietsry, staproetes en voëlkyk geleenthede. Dié wat opsoek is na meer ontspanning, kan kies om eerder die Africology spa te besoek – veral belonend na ’n besige dag van wildbesigtiging.

Die akkommodasie opsies sal verseker dat jy ’n heerlike nagrus het. Kies tussen luukse suites of bos villas - jy sal verseker iets wat jou behoeftes pas vind. Hoe klink privaat besigtigingsdekke met ongesteurde uitsigte oor die bos en ’n heerlike kaggel?

Gondwana Privaat Wildreservaat is ook naby aan die aantreklike Suid-Afrikaanse dorpies Mosselbaai, Knysna en Plettenbergbaai geleë. Jy kan ’n opwindende uitstappie of selfs ’n heerlike seekos middagete langs die see in een van hierdie dorpies geniet. Entoesiastiese gholfspelers het geluk aan hulle kant. Gondwana se naaste gholfbaan is die kampioenbaan, Pinnacle Point, slegs 20 minute se ry weg.