Die Tsonga wat die kus in die 19de eeu verlaat het het nuwe bronne van voedsel in die Transvaal ingebring insluitend maniok (manioc), sekere soorte grondbone, aartappels en sorghum. Veral belangrik was die mielieplante en pluimvee wat deur hierdie koloniste in hul nuwe gebiede van nedersettings ingebring is. Die meeste landbou werk is byna geheel en al deur vroue gedoen, behalwe vir die eerste skoonmaak van die land wat deur die mans gedoen is. Mans het ook tabak (fole)verbou.
Die oes was gewoonlik saam gedoen op 'n rotasie basis, met gemeenskappe in die gebied wat bymekaar kom en beurte maak om elkeen se oes te versamel. Die eienaar sal optree as gasheer en liberale hoeveelhede van bier en verversings verskaf sodat dit 'n feestelike geleentheid word met gesellige sosiale interaksie, wat 'n belangrike kenmerk van die gebeurtenis was.
Die Tsonga beoefen afkap en brand landbou. Gebiede van natuurlike bos is afgekap en verbrand en gewasse is gekweek op die skoongemaakte stuk land totdat sy vrugbaarheid gedreineer en sy opbrengste gedaal het. Daarna is nog 'n stuk grond skoongemaak en gewasse gekweek op daardie stuk land. Hierdie vorm van landbou het gelei tot die bestendige migrasie van mense soos hulle moes bly beweeg op soek na nuwe grond. Soos die bevolking toegeneem het, het dit dikwels tot gevolg gehad dat die kompetisie vir grond by tye tot konflik gelei het.
Vir die grootste deel van die 19de eeu was olifant jag 'n belangrike aktiwiteit op die kus en in die binneland. Tot die 1860s is tonne ivoor jaarliks deur Lourenco Marques of na Durban verskeep. Jagters het ook 'n groot aantal kat velle en pelse verkoop veral vir die gebruik in Zulu en Gaza militêre uniforms. Soos olifant troppe verdwyn en weermagte gedemobiliseer is het jagters ʼn toenemende aantal bokke doodgemaak en die velle en horings aan handelaars verkoop.
Wildsvleis was 'n noodsaaklike deel van die plaaslike dieet en hengel 'n belangrike gemeenskaplike aktiwiteit. Seisoenale reën het droë rivierbeddings in brullende water massas laat ontaard wat hul banke oorstroom het en groot poele water in die depressies in die omgewing agtergelaat het. Soos die somer son die mere opdroog, het die gemeenskappe gewapen met koniese duik mandjies deur die vlak water gevee op soek na vis.
Aan die einde van die 19de eeu begin natuurbewaarders om die groot stuk grond wat in 1926 as die Kruger Nasionale Park bekend sou staan te omsluit. Baie gemeenskappe is van die park verwyder en diegene wat daar naby woon is van die jag en visvang binne sy grense verbied. Jag en visvang bly belangrik tydverdrywe vir baie van hierdie mense, maar dit is as stropers eerder as trotse jagters wat na wild soek.
Vir meer as 'n eeu, het Tsonga mans indiensneming in Suid-Afrika in mynbou en vervaardiging sentrums gevind. Oor die algemeen bly hulle in koshuise en spandeer lang ure in treine en op busse na hulle werk en terug.
Landelike armoede en stedelike geleenthede het veroorsaak dat meer as die helfte van dieTsonga in die land permanent na dorpe geskuif het. In die meeste gebiede is die landelike ekonomie afhanklik van kontantlone wat deur trekarbeiders in stede verdien is en huis toe gestuur word. Toenemend werk vroue vir kort tye op op nabygeleë plase.
ʼn Groot probleem is dat daar te veel mense op ʼn stuk grond bly. Dit is deels die erfenis van apartheid wetgewing en deels die gevolg van 'n onwilligheid van die Tsonga om die sosiale bande, herinneringe en identiteite wat verband hou met die land te verlaat. Reënval is relatief verkrygbaar teen die hange van die oostelike platorand, maar in baie ander plekke is grond en reënwater skaars..
Kommersiële boerdery word in grond wat besproei word onderneem, maar die uitbuiting van grond word deur die ou stam toekenning stelsel en 'n swak vervoerinfrastruktuur gekeer. Vir baie mense is beeste nog steeds 'n bron van trots eerder as 'n ekonomiese waarde en hulle is minder 'n bron van kontant inkomste as 'n middel vir die verkryging van vroue en reklame status.
Translated by Wilma Koeppen