Bosveld Paradys - Jou Verblyf
Timbavati, Groter Kruger

Die tentkamp by Shindzela Tented Safari Camp is eenvoudig, gemaklik en pretensieloos.

Jou kamer

Dit is ’n outentieke Afrika safari lodge waar die fokus steeds is op alles wat die bos het om te bied. Die seiltente hou jou koel in die somer en warm in die winter en laat die reuke en geure van die bos in sodat jy weer in aanraking met die natuur kan kom, sonder om moderne geriewe soos ’n warm bed en ’n badkamer prys te gee.

Elke tent is opgelig op ’n hout platform, maak met ’n hout ingangsdeur oopo en het verstelbare seilflappe oor die maas vensters. Die grasdakke komplimenteer die safari ervaring en die en-suite badkamers is van riet gemaak vir ’n intieme atmosfeer.

Toegerus met warm water, ’n wasbak, spoeltoilet en gemaklike bed en beddegoed, die tente werk ook op sonkrag om die safari ervaring by Shindzela Safari Camp te verdiep. Daar is muskietnette oor die beddens en ’n los-staande waaier. Die voorste stoepie, wat oor ’n watergat uitkyk, is die perfekte plek om jou koffie in die oggend te geniet.

Fasiliteite

Shindzela Tented Safari Camp is ingerig vir mense wat vir ’n rukkie van die moderne lewe wil wegkom en daarom is daar geen televisie nie, maar WiFi is in die algemene area beskikbaar. Daar is ’n aanloklike swembad en gemaklike stoele waarop jy kan lê en bak in die son terwyl jy ’n yskoue drankie van die kroeg geniet. By hierdie bekostigbare akkomodasie in die Timbavati word heerlike tuisgemaakte maaltye om ’n groot tafel bedien. In die aand is die traditionele Afrika vuur altyd aan die brand sodat gaste gesellig kan sit en luister na die diere in die omtrek.