Bosveld Paradys - Aktiwiteite
Timbavati, Groter Kruger

By Shindzela Tented Safari Camp gaan dit alles oor die natuurlike bos omgewing en die verstaan daarvan.

Safari Ervaring

Safari aktiwiteite sluit wildbesigtigingsritte en bos wandelinge in en klêm word op die spoorsny van diere in hulle natuurlike habitat geplaas. Die Timbavati Privaat Wildreservaat is ’n Groot Vyf area met vele besigtings van hierdie diere elke dag.

By Shindzela Tented Safari Camp word daar egter nie van een Groot Vyf besigtiging tot die volgende gejaag nie, maar daar word eerder gefokus op onvergeetlike wild ervarings. Gaste kan verwag om diere te sien wat hulle nog nooit van te vore gesien het nie, soos hyena en die wilde honde se plaaslike den. Shindzela Tented Safari Camp is ’n klein lodge en kan daarom om gaste se voorkeur werk. Of dit nou vir ’n wildbesigtigingsrit of ’n bos wandeling is, daar is altyd ’n gids gereed om jou te laat weet wanneer dit ’n goeie tyd is om die bos binne te vaar.

Hierdie bekostigbare akkommodasie in die Timbavati fokus rêrig op die diere en daarom is daar twee wildbesigtigingsritte per dag. Een in die oggend en een laat in die middag ook. Die laatmiddag wildbesigtigingsrit word somtyds met ’n kort bos wandeling en spoorsny sessie gevolg.

Daar is ook ’n skemerkelkie wat in die bos geniet word voordat die rit aangaan in die aand sodat gaste die geleenthied het om die nagtelike diere van die bos te sien. Gaste wat op ’n bos wandeling uitgaan kan die bos te voet geniet met ’n gids wat hulle vergesel. Daar is ’n deeglike inligtingsessie voordat die ongelooflike ervaring begin en tydens die stap sal daar genoeg tyd wees om te stop en die wonder van die ongerepte laeveld in te neem.

Voƫlskerm Uitslaap

By hierdie bekostigbare akkmmodasie in die Timbavati het gaste wat opsoek is na ’n bietjie meer avontuur die geleentheid om ’n uitslaap in die bos te bespreek. Die uitslaap vind plaas in ’n voëlskerm wat oor die hoof dam uitkyk. Gaste geniet die normale aand wildbesigtigingsrit en aandete by die lodge se eetkamer voordat ’n gids hulle na die voëlskerm vergesel. Daar sal gaste gemaklik onder die sterre slaap met ’n uitsig oor die dam. Verwag onverwagse kuiers van diere soos buffel, seekoei en selfs ’n leeu of twee.