Springhare
Springhaas

© Nigel Dennis

Naam

Springhaas [Pedetes capensis]

Inleiding

Die volksnaam van hierdie spesie is misleidend aangesien die springhaas eintlik ’n knaagdier is en nie ’n haas nie. Springhase word gereeld deur Afrika-mense geëet net soos die gewone haas wat steeds oor die hele wêreld gejag word.

Voorkoms

Die kop en lyf van die springhaas is 400 mm lank en die stert is 440 mm lank. Dit weeg tot 3 kg en is die enigste groot springende, tweevoetige knaagdier in hierdie gebied. Met sy kort voor- en groot agterpote lyk en tree dit op soos ’n dwerg-kangaroo. Dit het lang ore en ’n haasagtige kop. Die boonste liggaamsdele is geelbruin, kaneel of rooibruin van kleur. Die springhaas het ’n prominente donker stertpunt. Die onderdele is oranje tot wit. Die mannetjies en wyfies lyk dieselfde.

Dieet

Die springhaas eet graswortels, wortelstokke, knolle, stamme, sade en blare en soek groen grasse wat hoog in proteïene en water is. Springhase soek kos op al vier bene, maar sit op hulle agtervoete en stert as hulle eet en hou die kos met die voorpote vas.

Voortplanting

Die springhaas het ’n nie seisoenale paarseisoen en gee geboorte aan een kleintjie na ’n dratyd van 77 dae. Wyfies kan tot 3 keer ’n jaar geboorte gee. Kleintjies het baie hare en word in gate gebore. Direk na geboorte kan hulle sien en rondbeweeg. Kleintjies is afhanklik van hul ma se melk tot op sowat sewe weke oud en teen ’n gewig van 1.3 kg. Seksuele volwassenheid word op agt maande bereik.

Habitat

Met hulle lang agterpote kan hulle vinnig hardloop om van roofdiere soos jagluiperds en roofvoëls te ontsnap. Springhase se habitat voorkeur is kort grasvelde, yl plantegroei en sanderige grond om in te grawe.

Verspreiding

Met die uitsondering van woestyn en beboste gebiede, het die springhaas ’n wye verspreiding in Suid Afrika, met ’n voorliefde vir droë en halfdroë vlakte gebiede.

Veldnotas

Springhase is ’n belangrike voedselbron vir mense dwarsdeur Afrika en as sodanig is hul status krities in baie streke van die vasteland.