Singita Boulders Lodge is geleë op die oewer van die Sandrivier wat deur die Sands Privaat Wildreservaat loop.
Slegs 6 persone per voertuig word toegelaat op elke wildrit, wat voorsorg tref vir spasie vir kameras en verkykers wat byderhand is. Private voertuie kan gehuur word indien die gaste algehele privaatheid verkies op hierdie wildritte met hulle eie gids en spoorsnyer. Sonsondergang drankies word aangebied tydens die namiddag wildritte. Aand wildritte is ʼn hele nuwe ervaring en jy moet uikyk vir die leeus, luiperds, jakkalse ens. wat in die aande jag.
Probeer om aan ʼn staptog deel te neem om die hele safari ondervinding te ervaar. Gaan saam met een van die goed opgeleide gidse maar kyk waar jy trap. Neem in wat jy sien en ruik en gee aandag aan al die verskillende plante en bome. Kyk of jy van die klein boksoorte kan raaksien asook insekte en ander goggas.
Drie voltydse spa terapeute offer behandelings in die spa of in die privaatheid van jou kamer. ʼn Verskeidenheid van paartjies behandelings soos warm klip terapie, Afrika Kop massering en refeksologie tot buitelug sout minerale skrop en voedsame maskers is beskikbaar. Dit kan in die privaatheid van jou kamer gedoen word.
Die fotografie biblioteek bied ʼn rustige area met ʼn rekenaar lessenaar met iMac 27” Retina 5K Display en die nuutste weergawe van Adobe Lightroom en Photoshop. Jy kan ʼn privaat een-op-een na-produksie sessie bespreek met jou gids of Donkerkamer instrukteur om te kyk na jou foto’s en die beste te kies om te hou.
The Singita Community Development Trust werk nou saam met die READ Educational Trust en hulle 'Groei om te Lees' program, om Vroeg Kinder Ontwikkeling programme in voorskoolse klasse aan te bied. Gaste kan die kinders ontmoet en sien hoe die programme aangebied word asook meer leer van die kulturele aspekte van die plaaslike mense.
Singita Boulders Akkommodasie verwelkom kinder vanaf 10 jaar en ouer. Daar is verskeie aktiwiteite om aan deel te neem en toere na die plaaslike skole.
Die Mini-Gids program is ʼn prettige en opvoedkundige kursus waar elkeen wat die kursus klaar gemaak het ʼn sertifikaat kry. Aktiwiteite sluit in spoorsny, bos staptogte, sterre kyk, bergfietsry, bak en kook, boogskiet, blomme droog, skoenlapper vang en loslaat en natuur vrae.