Singita Boulder akkommodasie bestaan uit 12 suites, wat 2 familie suites insluit.
Die familie suites sluit in ʼn hoof slaapkamer sowel as ʼn twee bed slaakpamer, elkeen met sy eie privaat plonspoel en dek, dubbel grootte kaggels en fantastiese badkamers met binne en buite storte. Die Sabi Sands het uitsigte reg rondom vanuit die meeste areas van hierdie natuurlike klip akkommodasie.
Oorheersende grootsheid pas in by die tradisionele aardse kleure om ʼn uiterste gemaklike gevoel te omskep in Sabi Sands. Hier kan jy luister na die geluide van die Afrika bos wat jou omring en uitkyk oor die vlaktes waar leeus en luiperds jag. Kamer geriewe: Oorhoofse lugwaaiers en lugverkoeling Mini kluis Mini kroeg en yskas Telefone Droogskoonmaak en skoonmaak diens.
Daar is sitkamer en dek areas waar maaltye geniet kan word terwyl die gaste die Afrika wildlewe op die oewer van die Sandrivier dophou.
Die akkommodasie het ʼn kroeg area en boma (oop area wat omhein is) waar hulle onder die sterre kan eet. Gaste kan ook gebruik maak van die gimnasium, spa, biblioteek met internet en swembad.