Familie Ontspanning - Aktiwiteite
Samara Privaat Wildreservaat, Oos-Kaap

Shamwari Wildreservaat is al dikwels geprys as een van die wêreld se voorste safaribestemmings.

Wildbesigtiging

Dit bestaan uit verskeie natuurlike biome wat die tuiste is van ’n verskeidenheid diere, insluitende die immergewilde Groot 5. Kundige gidse bied twee keer ’n dag wildritte in oopdak safarivoertuie aan en deel graag hulle geweldige kennis van die fauna en flora van die area. Tydens die oggendrit sal jy stop vir ’n koffiebreek en tydens die laatmiddagrit wag daar skemerkelkies in die bosveld.

Die wildreservaat is die tuiste van ’n oorvloed voëlspesies en dus ’n gesogte bestemming vir gretige voëlkykers. Indien jy opsoek is na iets anders as wildbesigtigingsritte kan u deelneem aan een van die informatiewe en opwindende wild wandelinge. Tydens hierdie bos staptoere sal jou gids talle dierspore aan jou uitwys, asook die kleiner diere en insekte van die bos.

By die Big Cat Rescue and Education Centre, geleë in die Shamwari Wildreservaat, het jy die geleentheid om meer te leer oor die toestande van wildekatte wat beperk is tot bearmde, gevange omstandighede regoor die wêreld.

Kinders op Safari

Elke kind wat by Riverdene Family Lodge bly, ontvang ’n geskenkpak geskik vir hulle ouderdom. Hierdie pakkies sal help om hulle te vermaak en hulle ook leer oor die belangrikheid van bewaring. 

Riverdene Family Lodge het ’n toegewyde kinderkoördineerder wat aktiwiteite spesiaal beplan vir kinders se ouderdomsgroep en jou familie se behoeftes. Kuns-, sport- en kultuuraktiwiteite hou die jongklomp besig in ’n prettige leeromgewing.

Kinders jonger as 4-jaar word nie toegelaat om hul ouers te vergesel op wildbesigtigingsritte nie. Daar is egter ’n reeks prettige aktiwiteite waaraan hulle kan deelneem. Kinderoppasdienste is ook beskikbaar.

Eetervarings in die Bos

Aanloklike maaltye word drie keer ’n dag liefdevol voorberei deur ’n span gourmetsjefs. Hierdie maaltye word bedien op ’n verskeidenheid plekke in by die Riverdene Family Lodge, soos byvoorbeeld, die beeldskone eetarea of die tradisionele Afrika boma. Tradisionele Suid-Afrikaanse kos, dikwels met ’n tikkie moderniteit, sorg vir ’n verruklike eetervaring waar alles gedoen word om om te sien na gaste met spesiale dieetbeperkings. Kinderspyskaarte word aangebied, met lekkernye vir almal.

Na ’n lang dag kan gaste in die kroeg of sitarea ontspan en yskoue biere of skemerkelkies geniet. Of van die groot verskeidenheid plaaslike en ingevoerde wyne proe.