Familie Ontspanning
Samara Privaat Wildreservaat, Oos-Kaap

Riverdene Family Lodge is ’n luukse lodge perfek vir familie ontspanning in die Shamwari Wildreservaat.

Hoogtepunte

Hoë-volume Groot 5 besigtigings
Bewaringsinisiatiewe wat bewustheid en opvoeding aangaande die natuur- en  omgewingstoestande bevorder
Vyfster akkommodasie wat omsien na families in ’n malaria-vry area
Kinderkoördineerder wat verskeie sosiale-, sport-, kuns- en kultuuraktiwiteite reël om die jongklomp besig te hou en meer te leer oor hulle omgewing en bewaring
Heerlike kos vir die hele familie, insluitende ’n kinderspyskaart

Jou Ervaring

Riverdene Family Lodge, geleë in die glorieryke Shamwari Wildreservaat, bied genoegsame geleenthede om ’n verskeidenheid diere van naby tee te kom, insluitende die immergewilde Groot 5 en ’n magdom ander soogdiere en voëlspesies. Buiten tradisionele wildritte kan jy deelneem aan geleide staptoere, ’n bietjie wild kyk of eenvoudig sit en die pragtige bosveld inneem.

Hierdie lodge maak voorsiening vir die hele familie en bied aktiwiteite en fasiliteite om beide jonk en oud te vermaak. Die behulpsame, vriendelike personeel sal verseker dat al jou behoeftes na omgesien word. Jy sal heeltyd tuis voel.

Die lodge bied koloniale-styl suites, elkeen uitstekend versier en met heerlike geriewe toegerus om ’n luukse, tog ontspanne atmosfeer ten alle tye verseker.

Shamwari Wildreservaat is een van die gewildste safaribestemmings ter wêreld. Die natuurskoon is aanloklik vir beide plaaslike en internasionale toeriste.