Familie Ontspanning - Jou Verblyf
Samara Privaat Wildreservaat, Oos-Kaap

Hierdie lodge bestaan uit luukse en uitstekend gemeubileerde aanlopende kamers wat spog met ’n skouspelagtige uitsig van die omliggende bosveld.

Jou Kamer

Die suites bied ’n luukse, tog ontspanne atmosfeer wat deur die hele familie geniet kan word. Elke kamer kan twee grootmense wat deel en ee kind akkommodeer.

Alle suites het private stoepe met ’n uitsig oor die bosveld. Ander geriewe sluit in: lugversorging, dakwaaiers, private klein kamerkroeë, televisie met satellietkanale, en-suite badkamer met aparte stort en geriewe om tee en koffie te maak.

Lodge Fasiliteite

Gaste kan hul vrye tyd by Riverdene Family Lodge langs die randlose swembad spandeer of yskoue drankies by die gemaklike kroeg geniet. Gaste wat kontak wil behou met vriende en familie kan gebruik maak van die Wi-Fi of by die aandenkingswinkel inloer vir geskenke om saam huis toe te neem.

Ander geriewe:
Randlose swembad met vlakarea vir kinders
Spa-fasiliteite
Aandenkingswinkel
Kroeg-/sitarea
Boma wat uitkyk oor die Boesmansrivier
Binnenshuis en buitelug eetgeriewe
Besigheidslessenaar met internettoegang
Wi-Fi
Klimraam en speelarea onder toesig
Bordspeletjies, dokumentêre DVD’s, legkaarte en boeke