Sable
Swartwitpens

© Nigel Dennis

Naam

Swartwitpens [Hippotragus niger]

Voorkoms

Dit is ‘n groot, aantreklike bok. Swartwitpense word gekenmerk deur hul blink swart pels met ‘n wit onderkant en wit merke op die gesig. Ooie en lammers is donkerbruin van kleur.
Albei geslagte het swart maanhare aan die bokant van hul nekke. Die ramme het ‘n skouerhoogte van 1.4m en kan tot 270kg weeg. Die ooie is effens kleiner. Beide geslagte het lang riffelrige horings wat agteruit buig.
Die punte van die horings is glad en skerp. Die scimitar-vormige horings van ramme kan tot 1.2m lank wees. Horings van ooie is korter en dunner.
Ore is baksteen-rooi agter en korter as die van die Bastergemsbok. Die jong bokke begin horings ontwikkel teen die ouderdom van twee maande.

Dieet

Hulle dieet bestaan hoofsaaklik uit gras. Hulle verkies steekgras, rooigras en verskeie spesies Brachiaria, Urochloa en Panicum. ‘n Verskeidenheid van watergras rondom waterbronne sal ook gevreet word.
Hul weiding bestaan hoofsaaklik uit langer grasse wat hulle nie eet stomp af tot teen die grond nie, maar laat staan ‘n redelike lengte van die gras. Bene van karkasse wat agterbly in die veld word ook soms aan gekou om op te maak vir ‘n te kort aan fosfor.

Gedrag

Swartwitpense is meestal aktief gedurende die vroeë oggend en laat namiddag en drink water in die middag. Dit is ‘n kuddedier en daar is groot variasie in die grootte van kuddes.
Gedurende die broei seisoen sal klein groepe dragtige ooie hulself afsonder van groter groepe. Laat in die winter seisoen sal groot troppe bymekaar kom by klam vleie.
Territoriale ramme sal jong ramme afskei vanaf broei groepe sodra hulle seksuele volwassenheid bereik teen die ouderdom van drie jaar oud.

Habitat

Hulle verkies oop grasvlakte-gebiede of vleilande wat gekies word vir die medium-lengte gras of vir goeie grasbedekkings.

Waar Word Hulle Aangetref

Die historiese reeks Swartwitpense het baie verminder. In Suid-Afrika word hierdie skaars en bedreigde bok veral aangetref in die Kruger Nationale Wildtuin.
Hulleword ook aangetref in ander beskermde gebiede waar die Swartwitpens weer gevestig is of in ander areas waarin hulle nooit voorheen bestaan het nie.