Verfynde Ou-Wêreld-sjarme - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasional Park

Die Sabi Sands is bekend vir sy luiperd besigtigingsgeleenthede en die Kirkman’s Kamp-span plaas ekstra sorg daarop om die voertuig so naby aan moontlike aan die diere te positioneer.

Wildritte

Vertrek in 'n oop 4x4-safari-voertuig saam met 'n veldwagter- en spoorsny span wat vir jou jou gunsteling diere sal probeer opspoor. Kyk uit vir die Groot Vyf, hiënas en wilde honde. Die laat middag wildbesigtigingsritte hou tot na donker aan en die voertuig het 'n spesiale kollig wat gebruik word om die nagtelike natuurlewe te verlig en aan gaste uit te wys.

Bos Wandelings

Begeleide bos wandelings is die ideale geleetnheid om meer oor die kleiner diere, plante en bome van die laeveld te leer. Kom naby aan die natuur by Kirkman’s Kamp deur dit aan te raak, te ruik en daarna te luister; ervaringe wat nie altyd op ’n voertuig moontlik is nie.

Watervalle en Bergklowe

Daar is ’n skouspelagtige helikoptervlug wat in Hazyview, naby Kirkman's Kamp begin. Die helikopter vlieg oor die watervalle in die klowe van God's Window en die Blyderivier Kloof. Geniet 'n piekniek by die skilderagtige omgewing voordat jy terugkeer na die historiese lodge in die Sabi Sands.