Verfynde Ou-Wêreld-sjarme
Sabi Sands, Kruger Nasional Park

Kirkman's Kamp is 'n historiese lodge in die Sabi Sands Wildreservaat met ’n warm atmosfeer en hope sjarme.

Hoogtepunte

Neem ’n stap terug in tyd by hierdie pragtige gerestoreerde plaashuis
Geniet dag en aand wildbesigtigingsritte, stap safari’s en bos wandelinge
’n Warm, gesellige, familie atmosfeer
Gaan uit op ’n warmlugballon safari oor die laeveld
Geleë in ’n area bekend vir vele luiperd besigtings

Jou Ervaring

Hierdie historiese lodge in die Sabi Sands neem jou terug in tyd met warm atmosfeer en hope sjarme, geleë in die beroemde wildernis streek van die Sabi Sands. Kirkmans Kamp is 'n gerestoureerde 1920 Transvaalse huis, waar die karakter en oorspronklike sink dak steeds behoue bly.

Die ruim veranda's is die ideale plek vir middagete, aangesien vlakvarkies en bokke slegs paar treë van jou af wei. Die kothuise is modern versier maar speel in op die herhinnering van 'n elegante safari era. Antieke meubels en geraamde foto's van vroeë safari dae word met luukse linne, lugversorging en wi-fi gekombineer.

Geniet jou aandete om die vuur en koel af gedurende die dag by die swembad wat oor die watergat uitkyk. Die atmosfeer by hierdie historiese lodge in die Sabi Sands is ontspanne en sosiaal. Gaste het die geleentheid om mede-reisigers by die kroeg te ontmoet en safari stories tydens ete in die tradisionele buitelug boma te deel.

Moenie van die aswemrowende wildbesigtigings vergeet nie! By Kirkman's Kamp is daar dag en nag wildbesigtigignsritte, stap safari’s en bos wandelings om die meeste van die Groot Vyf en menige voëls te sien.