Tydlose Glans - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Gaste by Simbambili kan ook ’n opsionele besoek aan die Shangaan of Nyani Kulturele Gemeenskappe, om meer van hulle kultuur en gewoontes te leer, bring.

Wildritte

Hierdie privaat reservaat het omtrent 147 soogdierspesies, insluitend die Groot 5, 114 reptielspesies, 507 voëlspesies, 49 visspesies, 34 amfibiese spesies en 336 boomspesies. Wildritte is twee keer ’n dag met ’n 4x4 safarivoertuig en slegs 4 tot 6 gaste.

As gevolg van hierdie kleiner groepies is daar meer tyd om vrae te vra oor die diere wat teëgekom word. Die laatmiddag wildrit ry net na ’n laat middagete en strek tot vroegaand. Dit gee gaste ’n kans om die nagdiere soos rooikatte, sivetkatte en selfs as jy gelukkig is die grootoog nagapies te sien.

Stapsafari

Probeer om nie die daaglikse stap in die bos te mis nie, niks kom by die rustige wandel in ’n veld met skoenlappers oral of die nadere kennismaking met die kleiner diere van die omgewing nie.

Die Shangaan spoorsnyers sal aan jou verduidelik hoe om ’n dier deur sy spore en mis op te spoor. Jy sal van die medisinale gebruike van die verskillende plante en bome leer asook interessante folklore stories hoor.

Kultuur en Gemeenskap Ervarings

Simbambili is deel van die Thornybush Gemeenskapsprojek tuine waar die heerlike vars kos wat in Sabi Sand lodges bedien word, deur plaaslike vroue as deel van ’n gemeenskapsprojek verbou word. Daar is ook ’n besoek aan Hananani Primêre en Manyangana Hoërskool, albei word deur Simbambili ondersteun.

Amani Spa

Hierdie Suid-Afrikaanse safari akkommodasie bied kalmerende spa behandelings by die Amani Spa. Veral spesiaal vir wittebroodspaartjies en gaste kan ’n holistiese liggaams-, vel- en skoonheidsbehandeling kry. Dit is nou jou tyd om geheel en al te ontspan.

Troues

Simbambili hou nie terug met die romanse as dit by troues kom nie. Benewens die wittebrood bied hierdie lodge in Sabi Sand die ideale plek vir safari troues. Stel jou voor jy gee die jawoord terwyl jy omring word deur vriende, familie en die Afrika-bos. Die privaatheid van hierdie lodge maak dit ideaal vir so ’n intieme geleentheid.