Tydlose Glans
Sabi Sand, Kruger Nasionale Park

Simbambili Game Lodge is 'n spesiale plek vir die wildlewe entoesias en romantikus wat onoortreflike Suid-Afrikaanse safari akkommodasie soek.

Hoogtepunte

Spa behandelings en volledig toegeruste gimnasium
8 Eksklusiewe suites met ’n privaat plonspoel
Romantiese “turndown” diens vir paartjies

Jou Ervaring

Simbambili Game Lodge is in die noordelike deel van die Sabi Sand Wildreservaat geleë. Hierdie Suid-Afrikaanse safari akkommodasie onder die Knoppiesdoring- en Jakkalsbessie-bome kyk uit oor die Manyeleti rivier. Die Morocco geïnspireerde dekor is sjiek en met slegs 8 chalets kan gaste persoonlike aandag geniet.

By Simbambili Game Lodge sal jy ’n hoofbediende, spoorsnyer en veldwagter hê wat saamwerk om seker te maak dat daar na al jou behoeftes omgesien word. Die Sabi Sand area is baie bekend vir die Groot 5 wildbesigtigings en daar is ’n hoë konsentrasie luiperds. Simbambili hou selfs ’n aanlyn dagboek oor die lewe van drie plaaslike luiperds naamlik Saseke (die pragtige een), Mafufenyane (die kwaai een) en Nyaleti (die ster).

Daar is twee wildritte per dag en ook ’n kans om die baie skaars wildehonde en jagluiperds te sien. Ontbyt word naby die rivierbedding of by ’n afgeleë plek in die bos bedien. Daarna kan jy saam met ’n gids in die bos gaan stap en daar word voorsiening gemaak vir gaste se verskillende belangstellings en fiksheidsvlakke.

Fynproewer 3 gang aandetes word langs die kaggel in die restaurant of by lantern lig in die boma geëet (praat van romanse!). Ongelukkig word geen kinders onder die ouderdom van 16 jaar oud by Simbambili Game Lodge toegelaat nie.