Reis met Vriende - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nationale Park

Hierdie bekostigbare safari akkommodasie in die Sabi Sands bied twee wildbesigtigingsritte per dag aan, waartydens wildbewaarders en plaaslike Shangaan-spoorsnyers hul kennis van die reservaat deel.

Wildbesigtigingsritte

Aangesien Elephant Plains Game Lodge op ’n droë rivierbedding geleë is, is die omliggende habitat gunstig vir luiperds. Wees op die uitkyk vir die die vyf moeilikste en gevaarlikste diere om op te spoor, genaamd die Groot Vyf; die luiperd, renoster, leeu, buffel en olifant.

Fotografiese Safari’s

Elephant Plains Game Lodge het gespesialiseerde fotografiese safari’s, genaamd “Tusk Photo” fotografiese safari’s en vind oor ’n tydperk van vier dae plaas. Op hierdie gespesialiseerde safari vergesel twee professionele fotograwe jou op jou wildbesigtigingsritte. Na ontbyt is daar werkswinkels, onder die leiding van kundiges, en hulle verduidelik verder vir jou hoe om jou nuut-aangeleerde fotografie vaardighede verder te ontwikkel.

Stap Safari

’n Stap safari by hierdie bekostigbare safari akkommodasie in die Sabi Sands gee jou die geleentheid om die bos van naby te beleef - met al sy geluide, reuke, teksture en kleure. Hierdie stap safari’s vind in die middag plaas en gee jou die geleentheid om jou bene te strek na ’n heerlike maaltyd en die diere se spore van nader te aanskou. Jou gewapende gids sal jou meer leer oor die voëls, plante en bome van die habitat, asook die ingewikkelde biosfeer van die bos wat nie vanuit ’n voertuig ervaar kan word nie.

Die Afrika Gesondheid Spa

Pamperlang jouself by hierdie bekostigbare safari akkommodasie in die Sabi Sands met hulle Afrika Gesondheid Spa wat ’n verkeidenheid behandelinge aanbied. Die Spa het ’n rustige uitsig oor die watergat voor die lodge en gaste is genooi om ’n behandeling van hulle keuse te geniet terwyl hulle oor die wild tuur.

Kinder Aktiwiteite

Gesinne wat opsoek is na ’n familie avontuur sal verjeug in Elephant Plains Game Lodge se gespesialiseerde kinderprogram. Kinders van alle ouderdomme is welkom by hierdie bekostigbare safari akkommodasie in die Sabi Sands. Die kinderprogram bestaan uit aktiwiteite soos verf, teken, krale ryg en klein stap safari’s. Spyskaarte spesiaal vir kinders is ook beskikbaar en kinderoppassers kan op aanvraag gereël word.

Sterrekyk

Elephant Plains Game Lodge is ver weg van die stadsliggies en daarom die ideale plek vir sterre kyk. Die lodge se gidse het ’n sterrekyk-kursus deur “Cosmic Safari” voltooi en sal jou help om die verskillende konstellasies, deur die 8 duim “Orion Intelliscope”, te identifiseer.